# Sokker: UEFA maak volgens berigte gereed om ʼn strafregtelike saak teen FIFA-president Gianni Infantino aanhangig te maak oor sy poging om aandele in die Wêreldbeker aan privaat beleggers te verkoop. Infantino het voorgestel ʼn nuwe maatskappy, FIFA Forward Enterprise, word gestig wat aandele in kompetisies aan privaat beleggers verkoop. Die plan is ná wydverspreide […]
# Eskom sê hy het die Koeberg-kernaanleg se Eenheid Een veilig en volgens prosedure van lyn gehaal nadat ʼn turbine vroeg gisteroggend uitgeskakel het. Monitering van die aanleg het bevestig dat bedryfstoestande tydens die voorval bestendig gebly het. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê kernveiligheid was nooit in gedrang nie en daar was geen gevaar vir werknemers, […]
# President Cyril Ramaphosa het goedkeuring gegee vir die vrystelling van die Nkabinde-paneel se verslag oor Gauteng-Suid se direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, se bevoegdheid vir sy amp. Die paneel kon geen geloofwaardige bewyse vind dat Chauke onwettig opgetree het wat die vervolging van die voormalige KwaZulu-Natalse Valke-hoof, Johan Booysen, en die Cato Manor-eenheid […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 28 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig hoëronderwysinstellings skiet tekort op die gebied van diensbillikheid en die Departement van Hoër Onderwys het universiteite gewaarsku om transformasie te verbeter of strenger afdwinging in die gesig te staar. # Mail & Guardian: Skryf die suikersektor ly onder invoere […]
# Die MK-party het twee van sy prominente parlementslede, Khanyisile Litchfield-Tshabalala en Pumlani Kubukeli, geskors omdat hulle die party in oneer gebring het. Die party sê die besluit volg na ʼn reeds dade en gedrag deur die twee wat nadelig is vir sy reputasie, integriteit en algemene belange. Hy sê hy het reeds begin met […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra 17,59-miljard-rand om ʼn plan om die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo te bekamp, volledig te befonds. Volgens berigte is vyf-duisend-713 gevalle en twee-duisend-744 sterftes aangemeld. Hierdie Ebola-epidemie versprei die vinnigste ooit. Guterres sê die DRK-regering en die Wêreldgesondheidsorganisasie het ʼn VN-beampte as senior Ebola-koördineerder […]