# CapeNature het gister op ‘n waarderingsgeleentheid in Velddrif die brandbestryders en veldwagters vereer ná een van die Wes-Kaap se moeilikste veldbrandseisoene. Die uitvoerende hoof, Ashley Naidoo, sê spanne het gereageer op 107 veldbrandvoorvalle waarin meer as 215-duisend-900 hektaar vernietig is, en het gehelp om gemeenskappe, infrastruktuur en bioverskeidenheid te beskerm. Die Wes-Kaapse LUR vir […]
# ‘n Binnehuisversierder Nomsa Shabangu, het in die Hooggeregshof in Pretoria getuig dat die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se huis in Bruma ingrypende luukse opknappings ondergaan het. Dit sluit in plafonne met bladgoud-afwerking, ondervloerse verhitting en spesiaal vervaardigde huisversierings. Shabangu het getuig sy het oor die jare sowat 1,7-miljoen-rand kontant vir die opknappings […]
# Pakistan het nuwe beperkings op buitelandse media ingestel, wat vereis dat joernaliste en medewerkers wat vir internasionale nuusorganisasies werk, toestemming van die regering moet verkry voordat hulle buite Islamabad, Karachi en Lahore verslag lewer. Mediavryheidsgroepe sê die reëls sal onafhanklike beriggewing moeiliker maak en kan die dekking van groot gebeure vertraag. Die regering dring […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die Adjunkminister Mkhuleko Hlengwa verwelkom die Departement van Vervoer se tweede agtereenvolgende skoon oudit. Hulle sê die uitkoms vir die 2025/2026-boekjaar weerspieël die departement se voortgesette verbintenis tot goeie staatsbestuur, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur. Woordvoerder, Collen Msibi, sê in die 2024/25-boekjaar het die departement vir die […]
# Die vakbond Solidariteit sê Media24 moet sy finansiële en strategiese planne volledig bekendmaak voordat hulle voortgaan met ‘n afleggingsproses wat tot 126 werknemers kan raak. Die vakbond hou die maatskappy se senior bestuur, eerder as die personeel, verantwoordelik vir sy operasionele uitdagings. Pieter Jordaan van Solidariteit sê dit is die vierde afleggingsproses by Media24 […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika ondersteun die Afrika-Unie se langdurige besluit om ‘n migrasiekonferensie vir die vasteland byeen te roep. Lamola het tydens ‘n inligtingsessie aan die media gesê die byeenkoms moet migrasie aanspreek, asook vrede, ekonomiese ontwikkeling, streeksintegrasie en demokratiese regering. Hy sê die konferensie moet ook […]
# SANParke vier die 60ste bestaansjaar van die Augrabies Nasionale Park in die Noord-Kaap, wat een van Suid-Afrika se mees ikoniese natuur-trekpleisters is. Die park is op 5 Augustus 1966 geproklameer en beskerm ‘n unieke dorre ekostelsel, die waterval van 56 meter en die graniet-skeur van 18 kilometer. JP Louw van SANParke het werknemers, omliggende […]