Skip to content

Staatsdiensvakbond sê personeeltekorte is verantwoordelik vir diensleweringskrisis by Rob Ferreira-hospitaal

# DieVereniging van Staatsamptenare sê dienslewering by Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela, Mpumalanga, is onder geweldige druk weens personeeltekorte. Die vakbond sê pasiënte wag tot vyf ure om lêers te kry en ‘n verdere drie tot vier ure by die apteek. Phumzile Zulu van die vakbond doen ‘n beroep op dringende werwing van administratiewe en apteekpersoneel, asook beter bestuur van toustaan om pasiëntesorg te verbeter.