# Die Madlanga-kommissie het bewerings aangehoor dat die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, ingemeng het met die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se werk. Advokaat Drushantha Ramsamy het getuig die voormalige hoof, Andrea Johnson, het herhaaldelik verwys na besprekings met Mchunu om die polisie ‘skoon te maak’. Ramsamy beweer Johnson het ook inligting gesoek om die […]
# Die Wêreldbank sê kunsmatige intelligensie kan produktiwiteit en ekonomiese groei in ontwikkelende lande aansienlik verhoog as regerings in die regte grondbeginsels belê. Volgens die Wêreldontwikkelingsverslag vir 2026 kan KI produktiwiteit in meer as 16-persent van werksgeleenthede in ontwikkelende ekonomieë betekenisvol verbeter. Hoofekonoom, Indermit Gill, sê lande het nie gevorderde KI-modelle nodig om voordeel te […]
# Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Duncan Pieterse, sê beleggers toon sterk vertroue in die regering se infrastruktuur-befondsingsprogram. Hy het op ‘n Absa-konferensie gesê die jongste veiling van infrastruktuur-effekte het aanbiedings van 17,8-miljard-rand gelok teenoor die vyf-miljard-rand wat beskikbaar gestel is. Effekte van 4,4-miljard-rand is toegeken. Pieterse sê die geld sal gebruik word om […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra die onmiddellike opskorting van die Inligtingsreguleerder se opdrag dat werknemers onmiddelik moet terugkeer werk toe. Die vakbond sê werknemers is gedwing om na die Woodmead-kantore terug te keer ondanks ‘n onopgeloste verbodskennisgewing van die Departement van Indiensneming en Arbeid. Woordvoerder Claude Naicker sê die reguleerder verontagsaam werkplek-veiligheidswette en versuim […]
# Verwoestende moesonvloede en grondstortings het reeds die lewens van meer as 100 mense in Indië geëis en groot skade aangerig in verskeie dele van die land. Die Brahmaputra-rivier in die deelstaat Assam het afgekom en honderde dorpe is oorstroom. Byna 900-duisend inwoners moes reeds hul huise verlaat. Dodelike grondstortings in Himachal Pradesh het talle […]
# Advokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het aan die Madlanga-kommissie gesê dat sy geïntimideer is nadat sy die Artikel 27-verwysing in ‘n ondersoek bevraagteken het. Sy het die hoofondersoekbeampte, Dylan Perumal, uitgedaag, waarna die voormalige hoof, Andrea Johnson, haar opdrag gegee het om formeel op beweerde kantoorskinderpraatjies te reageer. Ramsamy sê Johnson […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Suid-Afrika se hoëkommissaris na Indië, Anil Sooklal, herroep vir raadpleging na aanleiding van oudpresident Jacob Zuma se ontmoeting met die voortvlugtige Gupta-familielid Ajay tydens ‘n besoek aan Indië. ‘n Interne ondersoek na die voorval word tans gedoen. Minister Ronald Lamola het op ‘n nuuskonferensie gesê die […]