# Lugrederye tref noodmaatreëls nadat ‘n onderbreking by Sasol se Natref-raffinadery die voorsiening van stralerbrandstof op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Gauteng, ontwrig het. Lugrederye oorweeg om brandstof van ander lughawens te verkry, hoewel dit bedryfskoste kan verhoog omdat vliegtuie meer brandstof verbruik as hul bykomende brandstof vervoer. Volgens News24 is FlySafair en […]
# Die Reserwebank het twee herdenkingsmuntstukke bekendgestel ter ere van die nalatenskap van Charlotte Maxeke en die vroue-optog na die Uniegebou in 1956. Die een twee-rand-muntstuk vier 125 jaar sedert Maxeke die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het om ‘n universiteitsgraad te bekom. Die tweede herdenk 70 jaar sedert die geskiedkundige optog teen apartheids-paswette. President […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae ‘n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare ‘n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir intimidasie of vergelding. Rasilingwane […]
# Die regspan van die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het voor die Madlanga-kommissie getuig die Polisiediens dek nie sy regskoste nie. Die span is steeds bereid om die te help. Die voorsitter, oudregter Mbuyiseli Madlanga, het aangedui die kommissie het dalk nie die gesag om regstreeks in te gryp nie. Hy het […]
# Illovo sê vertragings met die instel van ‘n hersiene dollar-gebaseerde verwysingsprys vir ingevoerde suiker plaas toenemende druk op die plaaslike suikerbedryf. Die voorgestelde verwysingsprys sal van tien-duisend-838-rand tot 14-duisend-425-rand per ton verhoog word. Illovo sê die toename in suikerinvoere benadeel plaaslike suikerrietprodusente en suikermeulens, en bedreig werksgeleenthede en landelike gemeenskappe. Die onderneming vra die […]
# Drie mense is dood en vier ernstig beseer in vanoggend se botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N7 by Malibongwe-rylaan in Kaapstad. Die Wes-Kaapse regering sê die N7 suidwaarts bly gesluit by die Potsdamweg- en Malibongwe-rylaan-wisselaar. Motoriste word versoek om die gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik weens erge […]
# Satellietbeelde dui aan gister se dodelike kitsoorstroming naby Nepal se grens met Tibet is moontlik veroorsaak toe die onderste gedeelte van ‘n gletser afgebreek en honderde meter ver in die vallei neergestort het. Dis nog onduidelik wat die instorting veroorsaak het, maar Nepalese amptenare meen ‘n aardbewing in Suid-Asië kon moontlik ‘n rol gespeel […]