# Minstens 15-miljoen-rand is in Februarie 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo gesteel en nie die byna tien-miljoen-rand wat verklaar is nie. Dit is volgens News24, wat Imanuwela David se finansiële inligting bekom het. Hy word saam met twee ander beskuldig dat hulle die kontant, wat in dollars was, gesteel […]
# Die MK-party eis die bedanking van die twee senior polisiebeamptes wat in hegtenis geneem is vir beweerde korrupsie, die smokkel van edelmetale, en dwarsboming van die gereg. Die twee is in ‘n gekoördineerde teenkorrupsie-operasie in Gauteng vasgetrek, terwyl ‘n Durbanse sakeman ook aangekeer is. Die MK-party sê die inhegtenisnemings bevestig die diep sistemiese verrotting […]
# COPE het ook ʼn oproep gedoen dat president Cyril Ramaphosa die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, afdank. Sy het volgens berigte ʼn voertuigskenking wat vir die ANC-vroueliga bedoel was, aan haar kinders gegee. Daar is ook berigte dat haar vorige huiswerker die helfte van haar staats-befondsde salaris aan Tolashe se dogter moes betaal. […]
# Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die jongste verkiesingsuitslae het nie sy vasberadenheid geraak om sy beloftes aan die Britse publiek na te kom nie, maar versterk dit eerder. ‘n Aantal lede van die Arbeidersparty in die parlement eis sy bedanking ná ‘n reeks rampspoedige uitslae in plaaslike verkiesings met die party wat […]
# Sokker: Arsenal het West Ham 1-nul geklop om nader te beweeg aan hul eerste Premierliga-titel in 22 jaar. Leandro Trossard het die Gunners in die 83ste minuut laat voorloop, waarna West Ham se doel in bykomende tyd omgekeer is na ʼn omstrede beslissing deur die video-skeidsregter. Mikel Arteta se span is nou vyf punte […]
# Dis vandag D-dag vir ANC-lede wat ook lede van die SAKP is. Hulle moet vandag aan die party se sekretariaat sê of hulle in die munisipale verkiesing vir die ANC of SAKP gaan stemme werf. Dit volg na die SAKP se besluit om onafhanklik aan die verkiesing deel te neem. Die party het die […]