# Die Parlement het die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, tot die einde van die maand geskors kragtens die Wet op die Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers. Hy word daarvan beskuldig dat hy die Parlement in oneer gebring het. Die sekretaris van die ampsklagkomitee, Thembinkosi […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê verkryging moet beoordeel word volgens wat dit tot ekonomiese groei bydra, asook sy veerkragtigheid en mededingendheid, eerder as om bloot die laagste prys te verseker. Hy het die Geoktrooieerde Instituut vir Verkryging en Voorsiening van Suider-Afrika in Johannesburg toegespreek en verkrygingspersoneel aangespoor om die dryfvere […]
# Die DA het ‘n mosie van sensuur ingedien teen die speaker van die Gautengse wetgewer, Morakane Mosupyoe, oor ‘n reis van 5,9-miljoen-rand na Venezuela in November verlede jaar. Woordvoerder Solly Msimanga sê die uitgawes was verkwistend en die reis van min waarde aangesien Brand South Africa die land reeds op die toerisme-geleentheid verteenwoordig het. […]
# Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika verwelkom president Cyril Ramaphosa se aanstelling van sy lid, Zubeda Dangor, op Suid-Afrika se eerste statutêre Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord. Woordvoerder Joy Lange sê die raad is belangrik om die land se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Sy vertrou die raad sal samewerking tussen rolspelers […]
# Interpol se jongste Afrika-kuberbedreigings-evalueringsverslag toon dat kunsmatige intelligensie 55-persent van aangemelde kubermisdade op die vasteland moontlik maak. Dit maak aanvalle vinniger en al moeiliker vir slagoffers en platforms om op te spoor. Suid-Afrika se ultra-hoë verbinding maak dit ‘n magneet vir wêreldwye bedreigingsakteurs wat maksimum ontwrigting najaag. Interpol sê kubermisdaadverliese in Afrika het sedert […]
# Die parlementêre ampsklagkomitee het advokaat Thandazani Madonsela aanbeveel as getuienisleier in die saak teen president Cyril Ramaphosa. Hy het die meerderheidsteun van die EFF, die MK-party, Build One South Africa, die ATM en die UAT ontvang. Die ANC, Patriotic Alliance en Al Jama’ah het buite stemming gebly en die DA se kandidaat, Kate Hofmeyr, […]
# Die watervlak van Europa se tweede langste rivier, die Donau, het so gedaal dat tientalle Nazi-skepe uit die Tweede Wêreldoorlog nou sigbaar is op die rivierbedding. Die rivier vloei van wes na oos deur verskillende lande, insluitend Duitsland, Slowakye, Serwië, Roemenië, Bulgarye, Moldowië en Oekraïne. Verroeste skeepsrompe word nou gesien in die middel van […]
# Veertien mense is dood en minstens 22 beseer in Russiese aanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende gebiede. Moskou se Ministerie van Verdediging sê sy Weermag het ‘n grootskaalse aanval met grondgeleide wapens en langafstand-aanvalshommeltuie uitgevoer. Volgens die ministerie is vervoer-, logistieke en verspreidingsaanlegte geteiken. Rusland beweer die aanlegte word gebruik vir die […]