Skip to content

Rugby: Australiese skeidsregter Gardner blaas nou in tweede toets tussen Bokke en All Blacks in Kaapstad

# Rugby: Die Australiese skeidsregter Angus Gardner sal nou Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad hanteer. Hy vervang Nika Amashukeli van Georgië, wat siek geword het. Amashakuli sal nou in beheer wees van volgende naweek se derde toets op die FNB-stadion in Johannesburg. Gardner het Dinsdag geblaas in Nieu-Seeland se wedstryd teen die Leeus op Ellispark. Hy is ‘n ervare toetsskeidsregter wat sedert 2011 50 wedstryde hanteer en in drie Wêreldbekertoernooie opgetree het.