Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vodacom gaan die Konstitusionele Hof nader oor die Please Call Me-beslissing
# Herman Mashaba van ActionSA dring aan op ‘n besinning oor 30-jaar van demokrasie
# En, krieket: Joburg Super Kings wil die toernooi wen nadat hulle by die uitspeelrondes insluip
# Vodacom beplan om die Konstitusionele Hof te nader nadat die Appèlhof gister beslis het hy moet nuwe vergoeding bepaal vir sy voormalige werknemer, Nkosana Makate, se “Please Call Me”-uitvindsel. Die hof het Vodacom beveel om ‘n nuwe aanbod te bepaal van vyf- tot 7,5-persent van die algehele inkomste van die produk oor die afgelope 18-jaar. Die uitvoerende hoof, Shameel Joosub, is beveel om die nuwe aanbod binne ‘n maand af te handel. Die hof het Joosub se bepaling van 47-miljoen-rand tersyde gestel, met Makate wat gesê het Vodacom het met sy uitvindsel sowat 70-miljard-rand verdien.
# ActionSA wil die hoofoorsake van maatskaplike uitdagings aanpak deur korrupsie as openbare vyand nommer een te verklaar en grense te beveilig, terwyl wettige immigrasie vergemaklik word. Die party het vandag ‘n omvattende stel planne onthul wat ekonomiese herlewing, onderwyshervorming, ‘n einde aan beurtkrag, misdaadvermindering en grensveiligheid dek. Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het in sy toespraak onderneem om Eskom se monopolie te beëindig en privaat belegging in sonkrag aan te moedig. Mashaba het burgers aangemoedig om die regering te oordeel op grond van die afgelope 30-jaar:
# Eskom het aangekondig sy elektrisiteit-herwinningsoperasie in die Sentraal-Karoo is in volle swang met die doel om kragtoevoer teen aanstaande Donderdag ten volle te herstel. Afgeleë plase in Sutherland en Buffelspoort is herstel, terwyl gebiede soos Roggeveld, Laingsburg, Ladismith, Leeu-Gamka, Swartberge, Merweville, Matjiesfontein, Prins Albert en Fraserburg steeds sonder krag is. Eskom gee die versekering herstelspanne is op die perseel vir groot operasies om die kragtoevoer na gebiede wat geraak is, te herstel.
# Die Ugandese regter wat teen alle noodmaatreëls gestem het wat die Internasionale Geregshof teen Israel beveel het, is tot vise-president van die hof verkies. Julia Sebutinde het in 2012 by die hof van die Verenigde Nasies aangesluit. Sy sal die volgende drie jaar in haar nuwe pos dien. Sebutinde het verlede maand opslae gemaak toe sy die enigste een van die 17 regters was wat teen die ses maatreëls gestem het wat die hof aan Suid-Afrika teen Israel toegestaan het. Regter Nawaf Salam, wat in Libanon gebore is, neem by die Amerikaner, Joan Donoghue, oor as president.
# Krieket: Die Joburg Super Kings en die Paarl Royals kom vandag teen mekaar te staan in die SA20 se elimineerder. Die twee spanne het uiteenlopende roetes gevolg tot by die uitspeelrondes. Die Royals het reeds in die derde plek gekwalifiseer met nog twee wedstryde oor, terwyl die Super Kings hulle laaste rondomtalie-wedstryd gewen het om die laaste kwalifiseringsplek in te palm. Die kaptein van die Super Kings, Faf du Plessis, sê enigiets kan gebeur in die uitkloprondes:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-38-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-927-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-32-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….