# Die regspan van die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het voor die Madlanga-kommissie getuig die Polisiediens dek nie sy regskoste nie. Die span is steeds bereid om die te help. Die voorsitter, oudregter Mbuyiseli Madlanga, het aangedui die kommissie het dalk nie die gesag om regstreeks in te gryp nie. Hy het […]
# Illovo sê vertragings met die instel van ‘n hersiene dollar-gebaseerde verwysingsprys vir ingevoerde suiker plaas toenemende druk op die plaaslike suikerbedryf. Die voorgestelde verwysingsprys sal van tien-duisend-838-rand tot 14-duisend-425-rand per ton verhoog word. Illovo sê die toename in suikerinvoere benadeel plaaslike suikerrietprodusente en suikermeulens, en bedreig werksgeleenthede en landelike gemeenskappe. Die onderneming vra die […]
# Drie mense is dood en vier ernstig beseer in vanoggend se botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N7 by Malibongwe-rylaan in Kaapstad. Die Wes-Kaapse regering sê die N7 suidwaarts bly gesluit by die Potsdamweg- en Malibongwe-rylaan-wisselaar. Motoriste word versoek om die gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik weens erge […]
# Satellietbeelde dui aan gister se dodelike kitsoorstroming naby Nepal se grens met Tibet is moontlik veroorsaak toe die onderste gedeelte van ‘n gletser afgebreek en honderde meter ver in die vallei neergestort het. Dis nog onduidelik wat die instorting veroorsaak het, maar Nepalese amptenare meen ‘n aardbewing in Suid-Asië kon moontlik ‘n rol gespeel […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, verwelkom die inhegtenisneming van twee mans op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vir beweerde wildsmokkelary. ‘n Vyftigjarige Thaise burger het 50 voël-eiers versteek in ‘n tuisgemaakte broeikassak. ‘n Drie-en-twintigjarige landgenoot het na bewering probeer om 418 papegaai-eiers in twee tuisgemaakte broeikasakke deur […]
# Die Vereniging van Vleis-invoerders en-uitvoerders sê Suid-Afrikaanse verbruikers betaal hoër pryse vir beesstert omdat beperkings op invoere uit Argentinië die aanbod steeds onder druk plaas. Beesstertpryse het gestyg van tussen 79- en 99-rand per kilogram vroeër vanjaar tot 199-rand. Die vereniging sê Suid-Afrika maak sterk staat op Argentynse invoere, en het die Departement van […]