# Krieket: Suid-Afrika se voormalige kaptein, Graeme Smith, sê die uitbreiding van volgende jaar se Een-dag-Wêreldbeker vir mans van 10 na 14 spanne weerspieël voortgesette groei in die internasionale spel. Die toernooi keer ná 24 jaar terug na Afrika met Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië as medegashere. Smith sê die uitbreiding laat meer nasies toe om […]
# Rugby: Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu is opgewonde om terug te wees en sê hy kan nie wag vir sy eerste wedstryd van die seisoen nie. Hy het Julie se toetse misgeloop nadat hy in Mei sy enkel beseer het in die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Cardiff, en daarna ʼn suksesvolle operasie ondergaan. Feinberg-Mngomezulu speel […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die Posbank en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid geloof vir pogings om SASSA goue kaarte vinniger te vervang. Sowat 280-duisend begunstigdes landwyd moet nog voor die sperdatum op 31 Augustus na die Posbank se nuwe swart kaarte oorskakel. Meer as 43-duisend van dié begunstigdes is in die […]
# Die Kaapse Onafhanklikheidsvoorspraakgroep het die besluit deur Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom om formeel ‘n interregeringsgeskil met die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, te verklaar. Die burgemeester wil hê Kaapstad se metropolisie en wetstoepassingsbeamptes moet wettig misdade kan ondersoek en dossiere vir vervolging opstel. Die leier van die groep, Phil Craig, sê […]
# Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, waarsku dat swak beplanning, swak verkryging en ʼn gebrek aan aanspreeklikheid die lewering van infrastruktuur kniehalter terwyl waterverliese mislukte stelsels ontbloot. Volgens die 2024/2025 saamgestelde algemene verslag oor die nasionale en provinsiale oudit-uitkomste, was daar 109 vertragings by 152 infrastruktuurprojekte wat geoudit is. Die projekte kos saam 47,39-miljard-rand. Maluleke sê […]
# Die Nasionale Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê geopolitieke spanning maak dit vir Suid-Afrika moeiliker om fiskale teikens te bereik en terselfdertyd noodsaaklike maatskaplike besteding te beskerm. Die fiskale strategie se doel is om die verhouding tussen skuld en bruto binnelandse produk in die 2025/2026-boekjaar te bestendig en dan te verminder. Pieterse sê ten […]
# Sokker: Die regering het Banyana Banyana gelukgewens nadat hulle deurgedring het na die kwarteindronde van die Afrikabekertoernooi vir vroue in Marokko. Suid-Afrika het Burkina Faso 1-0 geklop na Thembi Kgatlana se doel. Die vier spanne in die halfeindronde deur na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Die adjunk- regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê die regering […]