# Die polisie in Noordwes het ʼn soektog begin na ʼn 41-jarige man wat vermoedelik drie mense vermoor het. James Mohajane word gesoek in verband met die moord op sy vriendin, Moipone Lefoka, haar suster, Esther Lefoka, en Esther se kêrel, Tshepo Molekwa. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die drie slagoffers is blykbaar laas saam […]
# Die Gesondheidsdepartement vra dringende optrede teen dalende immunisering-syfers om uitbrekings te verhinder van siektes wat deur entstowwe voorkom kan word. Dié afname kan dekades van openbare gesondheidswinste vernietig, insluitend die beduidende vermindering in sterftes onder baba’s en kinders onder vyf wat sedert die middel-2000’s bereik is. Woordvoerder Foster Mohale sê die persentasie babas onder […]
# Die sterftesyfer in die rampspoedige kitsvloede wat Nepal en Tibet getref het, het tot 162 gestyg terwyl een-duisend-384 mense, wat vier Suid-Afrikaners insluit, vermis word. Onder die vermiste persone is 177 van Indië, 63 van Amerika, 34 van Australië, 33 van Brittanje en 25 van Kanada. Owerhede sê die bergagtige terrein, gure weer en […]
# Die land vier Elektrisiteit-veiligheidsmaand en Eskom moedig Suid-Afrikaners aan om onwettige elektrisiteitsverbindings, oop drade, beskadigde elektrisiteit-infrastruktuur en ander gevare onmiddellik aan te meld. Die kragverskaffer het ongeveer 200 voorvalle aangeteken wat met openbare veiligheid verband hou. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê onwettige verbindings en ontblote drade is nie net onwettig nie; dit kan mense skok, […]
# Die GOOD-party wil appelleer teen die Verkiesingshof se beslissing dat hy die Wet op die Befondsing van Politieke Partye oortree het. Die hof sê GOOD en sekretaris-generaal Brett Herron het versuim om ʼn skenking van 900-duisend-rand voor 2021 se munisipale verkiesing te verklaar. GOOD moet 50-duisend-rand betaal vir die oortreding van Artikel 9, en die […]
# Tennis: Die Tsjegge Karolina Muchova en Jakub Mensik is die nuwe Amerikaanse Ope-gemengde dubbelspelkampioene. Hulle het 17,6-miljoen-rand verdien nadat hulle Belinda Bencic van Switserland en die Italianer Flavio Cobolli verslaan het vir hul eerste Grand Slam-titel. Muchova en Mensik het die eindstryd bereik nadat hulle in die halfeindronde twee wedstrydpunte afgeweer het teen Mirra […]
# Kaapstad se stadsraad het die bygewerkte Padveiligheidstrategie ná ʼn openbaredeelname-proses amptelik goedgekeur. Die strategie gee riglyne aan die metro se pogings om paaie veiliger te maak en die aantal ongelukke en sterftes te verminder. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die bygewerkte strategie hanteer onder meer padveiligheid vir voetgangers, leerdervervoer, en gebruikers […]