# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê stop-en-deursoek-operasies bly ʼn belangrike afdeling van die provinsie se padveiligheidstrategie. Elf minibusse is van die pad verwyder nadat inspekteurs ernstige meganiese foute opgespoor het tydens ʼn operasie in Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê 33 minibustaxi-bestuurders het sonder geldige […]
# President Donald Trump van Amerika sê die Straat van Hormoes sal binnekort heropen, want anders sal hy geen keuse hê as ʼn verwoestende nuwe aanval op Iran nie. Teheran ontken dat hy regstreeks met Washington onderhandel, en hou vol dat hy saam met Oman aan ʼn ooreenkoms werk om die Straat te heropen. Die […]
# Forum for South Africa is bemoedig deur die positiewe reaksie van Suid-Afrikaners gedurende die laaste kieserregistrasie-naweek, toe meer as 1,7-miljoen mense geregistreer is. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê dit wys dat baie landsburgers verstaan hoe belangrik dit is om aan die land se grondwetlike demokrasie deel te neem. Hy is egter bekommerd oor […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê Saterdag se eenmalige toets teen Argentinië is die perfekte geleentheid vir verskeie terugkerende spelers om hul wedstrydvaardighede te slyp. Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu begin teen Los Pumas nadat beserings hulle die begin van die seisoen laat misloop het. Erasmus sê die kragmeting met […]
# Sokker: Die DA sê die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het duidelik iets om weg te steek nadat hy gister versuim het om voor die Parlement te verskyn. Hy was veronderstel om vrae te beantwoord oor die 31-miljoen-rand wat sy departement bestee het aan ʼn afvaardiging na die Wêreldbekertoernooi. McKenzie het […]
# Die regering sê hoewel vordering gemaak word met die Spazawinkel-ondersteuningsfonds, onderdvind talle klein ondernemings steeds uitdagings wat hul verhoed om te groei. Die fonds van 500-miljoen-rand is daarop gemik om spazawinkels in plaaslike besit te help om hul bedrywighede te formaliseer, aan regulatoriese vereistes te voldoen en mededingendheid te verbeter. Woordvoerder William Baloyi sê […]