Nuus 09:00
BULLETIN 11 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA gaan strafregtelike klagte indien teen adjunkpresident Mashatile
# ‘n Amerikaanse kongreslid vra vir ‘n hersiening van bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika
# En, Krieket: Australië behaal ‘n reeksoorwinning oor Suid-Afrika in die derde en laaste Internasionale Eendag-wedstryd
# Die DA-leier, John Steenhuisen, en die nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, gaan môre strafregtelike klagte teen adjunkpresident Paul Mashatile by die Kaapstadse-polisiestasie indien. Dit volg op blootleggings oor bewerings van korrupsie en staatskaping wat strek oor byna twee dekades. Die DA het ‘n dossier by president Cyril Ramaphosa ingedien waarin optrede geëeis word, maar nog geen reaksie is ontvang nie. Steenhuisen beklemtoon die noodsaaklikheid van aanspreeklikheid en regstappe.
# Eskom het aangekondig hy worstel met onvoldoende opwekkingskapasiteit aangesien tien eenhede van lyn af is weens ketelbuis-lekkasies. Die woordvoerder, Daphne Mokoena, bevestig die terugslag het gelei tot die onbepaalde instelling van Fase 6. Vertragings met die terugkeer van drie eenhede wat beplande instandhouding ondergaan, vererger die toestand en lei tot groter afhanklikheid van noodreserwes. Mokoena beklemtoon die dringende behoefte om reserwes aan te vul en onvoldoende opwekkingskapasiteit aan te spreek:
# Die Amerikaanse kongreslid, John James, het gevra vir ‘n hersiening van Amerikaanse bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika, met verwysing na kommer oor die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor Hamas, Rusland en China, en die land se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof. Die tweeparty-wetsontwerp aan die Kongres beklemtoon Suid-Afrika se belyning met dié regerings én sy kritiek op Israel. Die wetsontwerp voer aan dit is problematies dat Suid-Afrika Israel as ‘n apartheidstaat bestempel en van volksmoord beskuldig. Kommer is ook uitgepsreek oor staatskaping, die Transnet-verbruiksgoedere-uitvoerkrisis en die cholera-uitbreking, wat aan korrupsie en wanbestuur toegeskryf word.
# Krieket: Australië het ‘n reeksoorwinning oor Suid-Afrika behaal in die derde en laaste Internasionale Eendag-wedstryd én ‘n oorwinning van 110 lopies aangeteken deur die Duckworth Lewis Stern-metode in ‘n reën-geteisterde kragmeting gister op die North Sydney Oval. Australië het ‘n totaal van 277-vir-9 behaal en het Suid-Afrika toe vir 127 uitgehaal. Die oorwinning het die tuisspan ‘n reeksoorwinning van 2-1 en ‘n vierpunt-voordeel in die multi-formaat toer besorg voor volgende week se vierdag-toets in Perth.
# En, om mee af te sluit: Die Grow Great-veldtog bepleit opnuut by die regering om kinder-hongerte aan te pak, te midde van aanduidings dat byna die helfte van Suid-Afrikaners teen 2025 met voedselonsekerheid gaan worstel. Die veldtog se direkteur, Edzani Mphaphuli, het in gesprek met Newzroom Afrika die dringendheid van die situasie beklemtoon, en sê armoede en werkloosheid is bydraende faktore. Mphaphuli waarsku, voedselonsekerheid kan tot wanvoeding lei, ook belemmerde groei veroorsaak en kan kinders se ontwikkeling benadeel. Sy het ‘n beroep gedoen vir ‘n nasionale verbintenis tot die uitwissing van hierdie faktore teen 2030:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….