# Die EFF in Gauteng het Itani Edwin Mukwevho aangewys as sy burgemeesterskandidaat vir die Merafong-stad plaaslike munisipaliteit in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Hy het in 2013 by die party aangesluit en ʼn belangrike rol gespeel om die organisasie aan die Wes-Rand te vestig. Die EFF sê Mukwevho het in streekstrukture, asook […]
# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê wetenskap moet toeganklik wees vir gemeenskappe en in praktiese oplossings omskep word wat klimaatsverandering, voedselsekerheid, landbou, openbare gesondheid en ander maatskaplike uitdagings aanspreek. Die Verenigde Nasies waarsku Suid-Afrika word twee keer vinniger warm as die res van die wêreld, wat lei tot ernstige droogtes, […]
# Die GOOD-party beskryf Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se interregeringsgeskil met die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia. as ʼn politieke foefie. Dit volg nadat die nasionale regering geweier het om Kaapstad se metropolisie-beamptes ondersoekmagte te gee. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê geskille met die regering gaan nie die basiese oorsake van bendebedrywighede […]
# Die ANC sê hy is nie verbaas oor die DA, AfriForum en die Instituut vir Rasseverhoudinge se regsaansoek teen die Onteieningswet nie. Die organisasies vra ‘n uitspraak deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof of bepalings in die Wet aan die Grondwet voldoen. Die ANC sê die DA het elke beslissende ingryping teengestaan om apartheid se strukturele […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy land se weermag gaan nie sy huidige posisies in Gaza opgee voor Hamas heeltemal ontwapen is nie. Dit kom te midde van meningsverskille oor ʼn voorstel van president Donald Trump van Amerika se Vredesraad dat Hamas volgens ʼn skietstilstandooreenkoms ontwapen word en Israel uit Gaza onttrek. […]
# Die president van die MK-party, Jacob Zuma, het die party se finansies onder sy persoonlike beheer geplaas en alle amptenare se tekenregte op die bankrekening met onmiddellike ingang opgeskort. Dit volg nadat hy die Strategiese Presidensiële Span ontbind het. Die MK-party se nasionale woordvoerder, Sifiso Mahlangu, sê die vroeëre moratorium op sake rakende die […]
# Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge het in ʼn ondersoek na die Padongelukkefonds bevind die fonds se vorige bestuur het die raad doelbewus omseil toe hy omvattende sekuriteitsmaatreëls vir die voormalige uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, goedgekeur het. Die fonds het tussen 2023 en 2025 minstens 27-miljoen-rand aan Letsoalo se veiligheid bestee. Dit was […]