# President Cyril Ramaphosa sê adjunkpresident Paul Mashatile herstel goed en sal binnekort weer by die werk wees nadat hy ʼn klein operasie ondergaan het. Ramaphosa, wat Mashatile gister besoek het, sê sy gemoedstoestand is positief en hy is tevrede met sy herstel. Geen verdere besonderhede oor die prosedure is bekend nie. Die Presidensie bedank […]
# Sokker: Banyana Banyana het deurgedring na die kwarteindronde van die Afrikabekertoernooi vir vroue toe hulle Burkina Faso in Casablanca 1-0 geklop het. Thembi Kgatlana het die wendoel in die 21ste minuut aangeteken. Suid-Afrika is nou tweede in Groep B ná Ivoorkus, wat Tanzanië 2-1 verslaan het. Desiree Ellis se span speel Saterdag in Rabat teen […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 05 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die Onteieningswet herskryf die Grondwet se vergoedingstoets. Die koerant skryf die instituut sê hy aanvaar grondhervorming, maar voer aan die Onteieningswet kan verminderde vergoeding bevoordeel. # En die Netwerk24-webblad: Berig die minister van Samewerkende […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ʼn sterk groep aangewys vir Saterdag se eenmalige toets teen Argentinië in Buenos Aires, met Siya Kolisi wat die span aanvoer. Hy het 13 veranderinge aangebring aan die beginspan wat Wallis geklop het, met Eben Etzebeth, Lood de Jager, Sacha Feinberg-Mngomezulu en Morné van den Berg wat almal terug […]
# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê onderhandelinge met Iran en Oman oor die Straat van Hormoes vorder, maar geen finale ooreenkoms is bereik nie. Die olieprys het gister tot die laagste vlak in drie weke gedaal, en ʼn vaatjie Brent-ru-olie was byna vyf-persent goedkoper. Teheran sê hy onderhandel net met Oman […]
# Die MK-party se president, Jacob Zuma, het sy seun, Duduzani, as die party se eerste adjunkpresident aangestel. Hy vervang John Hlophe, wat sy pos as die party se parlementêre leier behou. Tony Yengeni is nou die tweede adjunkpresident. As deel van talle veranderinge aan die party se nasionale struktuur, het Zuma Nkosinathi Nhleko as […]