# Die Vryheidsfront Plus sê die Ekurhuleni Metro-Speaker, John Senona, se aanhoudende onbevoegdheid om drie vakante voorsittersposte in toesigkomitees te vul, plaas die Raad se vermoë om sy toesigfunksie te vervul in gevaar. Die voorsittersposte vir Water, Sanitasie en Energie; Gender, Kinders, Jeug en Persone met Gestremdhede; asook die Staande Komitee oor Integriteit; is sedert Februarie en Maart vakant. ‘n Nuwe voorsitter moet verkies word, binne 30 dae nadat die pos vakant geraak het. Die VF Plus sê dié soort pligsversuim kan nie bloot as ‘n administratiewe fout afgemaak word nie.
VF Plus beskuldig Ekurhuleni-speaker van pligsversuim