# Die parlementêre ad hoc-komitee vergader vandag om verder oor sy voorlopige verslag te beraadslaag. Die komitee ondersoek nasionale veiligheid ná bewerings van politieke inmenging, korrupsie en misdadigers wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens geïnfiltreer het. Bewyse uit getuienisse voor die komitee dui op sistemiese swakhede in die SAPD: die bestuur van spesialis-eenhede is onvoldoende, en dossierbeheer, […]
# Die Stad Tshwane sê hy het in die 2025/2026-boekjaar vier-duisend-120 kwalifiserende begunstigdes uit townships in ander gebiede hervestig. Dit sluit inwoners in wat in vleilande bly, wat huise in die pad van ontwikkeling gebou het, en talle begunstigdes in die nasionale behuisingregister. Die Tshwane-departement van Menslike Nedersettings se woordvoerder, Doreen Mokgolo, sê hulle maak […]
# Die sosialemediareus, Meta, het ná ʼn grensverskuiwende hofsaak ingestem om 287,2-miljard-rand aan 48 Amerikaanse state te betaal. Hy word beskuldig dat hy doelbewus kenmerke ontwerp het wat kinders verslaaf maak aan sy platforms soos Facebook, Instagram en WhatsApp. As deel van die skikking ontken Meta enige verkeerde optrede. Kalifornië se prokureur-generaal, Rob Bonta, sê […]
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het die registrasiedatum verleng vir plase en voerkrale wat slagvee lewer vir rooivleisuitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate. Plase en voerkrale het nou tot 31 Desember om die nodige stelsels te implementeer en te voldoen aan die regulasies van Veeartsenykundige Prosedurele Kennisgewing nommer 59. Aucamp sê die departement […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê 17 skole is tydens polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasies deursoek. Die doel is om dwelms, wapens en ander verbode items uit skole te verwyder. Vyf skole is gister besoek: Baleseng Junior Secondary School, Tiyelelani Secondary School, Ngaka Maseko Secondary School, Holy Trinity Secondary School en FR Smangaliso Mkhathwa Secondary […]
# Die Konstitusionele Hof hoor vandag die DA se aansoek aan dat ʼn uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof aanvaar word wat ʼn artikel van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde ongrondwetlik bevind het. Die artikel laat die minister van Finansies toe om die BTW-koers in die begroting aan te pas. Dit volg na verlede […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner, Stals Swart wat sy eerste Sonskyntoer-titel wil wen, loop voor by die Sunbet Challenge Wild Coast in Port Edward in die Oos-Kaap. Hy is na die eerste ronde twee houe voor op ses onder. Agt spelers is gelykop tweede met vier onder baansyfer. Dit sluit die Suid-Afrikaners Rupert Kaminski en Keagan […]