# Gauteng se premier Panyaza Lesufi het die provinsiale regering se verbintenis om die stryd teen misdaad te wen herbevestig, en sê dis die grootste struikelblok vir ekonomiese groei, werkskepping en veiliger gemeenskappe. Die provinsie het volgens misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar ʼn algemene daling van 5,2-persent aangeteken in 17 ernstige misdade […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê vordering word gemaak vir beter behandeling en die wêreld se eerste entstof vir die Bundibugyo-stam van Ebola. Drieduisend-748 gevalle, insluitend eenduisend-657 sterftes, is aangeteken in die grootste Ebola-uitbraak ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo. Kliniese toetse met medisyne en behandelingsmoontlikhede word in die middelpunt van die uitbraak in die Ituri-provinsie […]
# Katar se ministerie van Buitelandse Sake sê pogings om ‘n diplomatieke oplossing tussen die VSA en Iran te bereik duur voort, maar geen regstreekse onderhandelinge tussen die twee lande is geskeduleer nie. Daar was teenstrydige verklarings van beide Washington en Teheran oor die hervatting van gesprekke. Die ministerie se woordvoerder, Majed al-Ansari, sê bemiddelaars […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering doen stappe om die sogenaamde boumafia uit te roei, wat boupersele en nuwe infrastruktuurprojekte ontwrig. Die land se boubedryf skat dat 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63-miljard-rand vertraag is as gevolg van afpersing, intimidasie of geweld voordat daar ingegryp is. Ramaphosa het gister tydens die opening van […]
# Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie het sy uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, in sy posisie heraangestel, en daarmee sy voorsorgskorsing beëindig. Dlamini is vroeër vanjaar op verlof geplaas terwyl bewerings teen hom ondersoek is. Die raad sê ‘n onafhanklike ondersoek het geen bewyse van wangedrag gevind wat dissiplinêre stappe regverdig nie. Dlamini sal met […]
# Die vakbond Solidariteit vra vir dringende regeringsingryping oor werksomstandighede by die Universiteit van Suid-Afrika. Unisa het voorheen berigte oor sy werksomstandighede as gekoördineerde waninligting afgemaak. Anique Niemand van die vakbond sê ‘n opname onder lede van Solidariteit het bevind dat personeel ‘n oormatige werklas, en ook stres en uitbranding ervaar as gevolg van personeeltekorte […]
# Gholf: Die verdedigende kampioen, Jayden Schaper, die opkomende ster Casey Jarvis en nog ‘n Suid-Afrikaner, Dean Burmester, het almal ingeskryf vir die tiende Mauritius-ope in Desember. Die gewese kampioen, Antoine Rozner van Frankryk, sal ook meeding om die prysgeld van 25-miljoen-rand. Schaper en Jarvis is albei op koers om volgende jaar hulle PGA-toerkaarte te […]
# Rugby: Die Stormers word geïnspireer deur Westelike Provinsie se span van 1976 wanneer hulle Vrydag in Kaapstad teen die All Blacks speel in die eerste toerwedstryd. Dis 50 jaar nadat die tuisspan laas teen Nieu-Seeland gespeel het, en 12-11 gewen het op Nuweland. Hulpafrigter Rito Hlungwani sê die huidige spelers het ‘n aanbieding gesien […]
# Die EFF in Gauteng het Wonderful Segolodi as hul burgemeesterskandidaat vir Mogale City aangekondig in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die provinsiale voorsitter, Nkululeko Dunga sê Segolodi, ‘n gemeenskapsleier wat in Kagiso gebore is, het meer as ‘n dekade se ondervinding in munisipale bestuur en gemeenskapsontwikkeling. Segolodi se rekord sluit […]