# Die akteur Tim Curry, veral bekend vir sy vertolkings in The Rocky Horror Picture Show, Clue en die TV-minireeks It, is op 80-jarige ouderdom oorlede by sy huis in Toluca Lake, Los Angeles. Hy het ook in flieks soos Annie, The Hunt for Red October, Home Alone 2 en Scary Movie 2 verskyn. Curry […]
# Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioen, Stan Wawrinka, is op die nippertjie as promotorskeuse aanvaar in die Amerikaanse Ope se mans-enkelspel-trekking. Die 41-jarige Switser wat die einde van die jaar uittree, het aanvanklik nie daarvoor gekwalifiseer nie. Die Amerikaanse tennisvereniging het kritiek ontvang na die besluit. Die Amerikaanse promotorskeuse, Patrick Kypson, moes egter weens ʼn […]
# Die Verkiesingshof het bevind die GOOD-party het die Wet op Politieke Befondsing oortree wat ʼn onverklaarde veldtog-skenking van 900-duisend-rand betref. Die party het versuim om die skenking, om T-hemde en promosie-items te koop voor die 2021 munisipale verkiesing, te verklaar. Die hof het die party beveel om 50-duisend-rand te betaal vir oortreding van Artikel […]
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. BOSA gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en Mangaung. Maimane sê BOSA […]
# President Donald Trump sê hy glo nie Iran se opperleier, Ayatollah Mojtaba Khamenei, is dood nie. Die seun van die voormalige opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, is as Iran se nuwe leier gekies nadat sy pa in Februarie in Amerikaanse aanvalle dood is. Die jonger Khamenei het sedertdien nog nooit in die openbaar verskyn nie. Volgens […]
# Die EFF se mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het gister misluk. Altesaam 282 parlementslede het teen die mosie gestem en 101 ten gunste. Die EFF-leier Julius Malema het die mosie in Junie ter tafel gelê omdat Didiza nie president Cyril Ramaphosa se aansoek in die Wes-Kaapse Hooggeregshof […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het nie haar grondwetlike verantwoordelikhede met onafhanklikheid, onpartydigheid en integriteit nagekom nie. Sy het nie president Cyril Ramaphosa se interdik om die verrigtinge van die Ampsklagkomitee te staak, betwis nie. Die party se mosie van wantroue teen Didiza in die Parlement […]
# China se ministerie van Buitelandse Sake het sy burgers versoek om Eswatini weens veiligheidsrisiko’s te verlaat of te verskuif na veiliger lande, insluitend naburige Suid-Afrika. Die raad volg op die Suider-Afrikaanse koninkryk se onderdrukking van onwettige aanlyn dobbelbedrywighede, wat gelei het tot die inhegtenisneming van tientalle Chinese burgers. Die ministerie sê die veiligheidsituasie in […]
# Die DA sê politieke ampsdraers in Noordwes moet onderwerp word aan verpligte en onafhanklike leefstyloudits. Die party voer aan finansiële verklarings alleen is nie genoeg nie en moet geverifieer word om moontlike belangebotsings, onverklaarbare rykdom en ander finansiële rooi vlae te identifiseer. Freddy Sonakile van die DA sê die oudits moet regverdig en onafhanklik […]