# Krieket: Engeland se gewese kaptein, Ben Stokes, hoop om eendag as afrigter na die nasionale span terug te keer. Die 35-jarige veelsydige speler het in Junie uit internasionale krieket getree. Stokes is verras omdat Joe Root aangewys is as nuwe toetskaptein in plaas van witbal-kaptein Harry Brook. Hy wens Root net sukses toe, maar […]
# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê energieprestasie-sertifikate sal na verwagting ‘n toenemend belangrike rol speel om die energiedoeltreffendheid van geboue te verbeter en energieverbruik regoor Suid-Afrika verminder. Die nasionale spertyd vir nakoming het verstryk, en geboueienaars word aangemoedig om aan die verpligtinge te voldoen ingevolge die regulasies vir energieprestasie-sertifikate. Die Departement sê ‘n […]
# ‘n Franse werknemer by die nuut-geopende Club Med-oord aan die Noordkus van KwaZulu-Natal het in die hof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding waarby ‘n tienerseun betrokke was. Die 35-jarige beskuldigde het die seun na bewering aangerand terwyl sy gesin by die oord vakansie gehou het. Aanklaers sê die slagoffer is te […]
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, sê owerhede sal nie anargie by skole duld nie. Dit volg ná ‘n klopjag by die Badirile Secondary School in Khutsong. Polisie het beslag gelê op messe, skêre, damprooktoestelle, dwelms en ander gevaarlike items tydens ‘n deursoek-en-beslagleggingsoperasie vanoggend. Maile sê leerders daag nie op by klasse […]
# Die Afrika-Boerevereniging van Suid-Afrika het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling daarvan beskuldig dat hulle grondeisbegunstigdes ondermyn deur plase sonder hul toestemming te adverteer en weer toe te wys. Die hoof van die Afasa-grondhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê betrokke boere in die Vrystaat en Oos-Kaap word opsy geskuif ten gunste van eksterne beleggers. […]
# Die Eskom-raadsvoorsitter, Mteto Nyati, sê die kragvoorsiener steun die regering se plan om ‘n onafhanklike transmissiestelseloperateur tot stand te bring, maar beklemtoon die oorgang moet Eskom se finansiële volhoubaarheid beskerm. President Cyril Ramaphosa het hervormings goedgekeur om ‘n onafhanklike operateur te vestig om mededinging in die elektrisiteitsektor te bevorder. Nyati sê die oordrag van […]
# CapeNature verwelkom die vonnisoplegging van ‘n Kaapstadse egpaar wat skuldig bevind is aan verskeie wildlewe-oortredings wat die onwettige aanhouding, besit en vervoer van reptiele insluit. Zirkie Bernardus Jansen en Valerie Gayle Simpson-Jansen is elk ‘n boete van 40-duisend-rand opgelê of tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis nadat hulle op sewe aanklagte skuldig bevind is. Die […]