# Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioen, Stan Wawrinka, is op die nippertjie as promotorskeuse aanvaar in die Amerikaanse Ope se mans-enkelspel-trekking. Die 41-jarige Switser wat die einde van die jaar uittree, het aanvanklik nie daarvoor gekwalifiseer nie. Die Amerikaanse tennisvereniging het kritiek ontvang na die besluit. Die Amerikaanse promotorskeuse, Patrick Kypson, moes egter weens ʼn besering onttrek, en Wawrinka, die 2016-kampioen, is ʼn plek in die hooftrekking aangebied. Die Amerikaanse Ope begin Sondag by Flushing Meadows.
Tennis: Stan Wawrinka speel wel in Amerikaanse Ope as promotorskeuse