# Rugby: Die All Black-haker George Bell se toer in Suid-Afrika is kortgeknip nog voor dit kon begin. Hy is op pad terug na Nieu-Seeland nadat hy dié week tydens oefening in Kaapstad beseer is. Brad Slater is opgeroep as sy plaasvervanger en sluit môre by die groep aan. Die waarnemende kaptein, Codie Taylor, sukkel […]
# President Cyril Ramaphosa het amptelik die nuwe King Nyabela-hospitaal in Middelburg, Mpumalanga, geopen, as ‘n belangrike mylpaal in die uitbreiding van gehalte algemene gesondheidsorg. Die fasiliteit met sy 220 beddens sal meer as 240-duisend inwoners in die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit bedien en vervang die verouderende Middelburg-hospitaal. Ramaphosa sê die moderne hospitaal versterk die […]
# Airlink gaan op 15 November ‘n nuwe geskeduleerde diens tussen die Lanseria Internasionale Lughawe en Harare in Zimbabwe van stapel stuur. Die lugredery sê vlugte sal drie keer per week met Embraer E190-vliegtuie bedryf word. Die uitvoerende hoof, De Villiers Engelbrecht, sê dit sal passasiers in Lanseria se opvangsgebied beter bedien en bestaande dienste […]
# Kameroen het ‘n grootskaalse skommeling van sy militêre leierskap aangekondig terwyl president Paul Biya steeds nie in die openbaar verskyn nie ná twee maande in die buiteland. Die 93-jarige het die hoof van die Presidensiële Wag tot brigadier-generaal bevorder en bevelvoerders in vier van die vyf gesamentlike militêre streke vervang. Die veranderings is aangekondig […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het Beryl Ferguson aangestel as voorsitter van SANParke se raad. Dit het op 1 Augustus in werking gestel en sal duur tot einde September 2028. Ferguson was waarnemende voorsitter sedert Oktober verlede jaar en is geloof vir haar sterk leierskap. SANParke sê haar permanente […]
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Stad Kaapstad se voortgesette belegging in die uitbreiding en vernuwing van die MyCiTi-openbare vervoerstelsel. Die DA-lid, Nomafrench Mbombo, sê die diens sluit die roete na Atlantis en die N2 Express in, wat ‘n belangrike vervoerskakel bied vir pendelaars wat vanaf Mitchells Plain en Khayelitsha reis:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê volhoubare ekonomiese groei vereis doeltreffende vennootskappe tussen die regering en die sakewêreld, en ‘n gedeelde verbintenis tot die instel en lewering daarvan. Hy het ‘n ontmoeting met sakeleiers aangebied. Meyer sê die drie belangrikste punte wat geïdentifiseer is, is die versnelde lewering […]