# Demokrate in die Amerikaanse Senaat het die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, versoek om die toename in geweld deur Israelse setlaars op die besette Wesoewer en Israelse veiligheidsmagte se massa-inhegtenisnemings van Palestyne hok te slaan. Twee-en-veertig uit die 47 lede van die Demokratiese koukus in die Senaat het ‘n skrywe aan Netanyahu onderteken oor die toenemende vlakke van geweld teen Palestyne. Hulle het Israel ook versoek om ondersoeke na die dood van nege Amerikaanse burgers te verskerp, wat volgens hulle vanaf 2022 deur setlaars of veiligheidsmagte op die Wesoewer vermoor is.
Demokrate in Amerikaanse Senaat vra Israel om geweld op Wesoewer te bekamp