# Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het uitvoerregulasies gewysig om nulkoersheffing toe te laat wanneer roerende goedere wat vir uitvoer bestem is aan terminaaloperateurs en hawe-owerhede lewer word. Die Tesourie sê die verandering spreek praktiese probleme aan wat ondervind word by fasiliteite soos die Richardsbaai-steenkoolterminaal, waar privaat terminale deur Transnet-hawe-infrastruktuur gebruik word. Voorheen […]
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig die voormalige Valke-hoof in KwaZulu-Natal, generaal Lesetja Senona, het hom aangemoedig om die kansellasie van sy SAPD-kontrak te betwis. Matlala het bevestig Senona het hom aangeraai om regshulp in te win en die hof te nader om die beëindiging van sy kontrak te probeer keer. […]
# Ten minste nege mense is dood en honderde toeriste word vermis na ‘n verwoestende kitsvloed langs Nepal se grens met Tibet. Reuters berig 384 reisigers, insluitend 291 buitelandse burgers, word vermis. Dorpies, paaie, brûe en hidro-elektriese projekte is meegesleur in die bergagtige Rasuwa-distrik. Owerhede sê ‘n modderstorting is moontlik veroorsaak deur ‘n aardbewing van […]
# Die Brandweerdienste van die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit het ‘n weghol-veldbrand in die Kogmanskloof-gebied buite Montagu onder beheer gebring. Dit dui op ‘n vroeë begin van die 2026/2027-brandseisoen. Die munisipaliteit waarsku die brand dui op ‘n langer en meer veeleisende seisoen, wat druk op brandbestrydingshulpbronne, boere en natuurgebiede plaas. Die burgemeester Elna von Schlicht vra […]
# Die Suid-Afrikaanse Vrag- en Logistiekvereniging en die Padvragvereniging vra ‘n dringende herstelplan om die vloei van vragte op die Durbanse hawe-terminaal te herstel. Woordvoerder Gavin Kelly sê skepe het verlede maand gemiddeld 80-uur voor anker gelê en wag en die hoeveelheid gehanteerde vrag het met 26-persent gedaal ná die oorskakeling na die NAVIS N4-stelsel, […]
# Die Brasiliaanse minister van Buitelandse Sake, Mauro Vieira, sê ‘n handelsending uit verskeie sektore is in Suid-Afrika om wedersydse voordelige geleenthede te ondersoek. Hy het tydens die agtste vergadering van die Suid-Afrika-Brasilië gesamentlike kommissie in Pretoria, samewerking in handel, wetenskap en tegnologie beklemtoon, veral in ruimtewetenskap, mariene navorsing en gesondheid. Vieira sê albei lande […]
# Suid-Afrikaanse steenkoolprodusente belê toenemend in hernubare energie om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Exxaro Resources beoog om teen 2030 een-duisend-600 megawatt se geïnstalleerde hernubare energie-opwekkingsvermoë deur sy filiaal Cennergi te lewer. Die onderneming se sonkragaanleg van 68-megawatt by die Grootegelukmyn in Limpopo het die myn se afhanklikheid van die nasionale kragnetwerk met […]