# ‘n Zimbabwiese vrou en haar twee dogters wat verlede maand in Brittanje vermoor is, word vandag in Bulawayo ter ruste gelê. Die liggame van Nothabo, Natalie en Nala Tshuma is in hul huis in Bedfordshire, Engeland, gevind. ‘n Lykskouing het bevind hulle is dood weens stomp geweld. Tshuma se man, Ndodana, is later in […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het leerders in grade 2 tot 7 en 9 tot 12 se aansoeke vir skooloorplasings oopgestel vir 2027 se akademiese jaar. Die aansoektydperk duur tot 17 Augustus. Ouers kan aanlyn aansoek doen indien hul aan spesifieke oorplasingsvereistes voldoen, insluitend ‘n verandering van woon- of werkadres. Ander aansoeke moet regstreeks by die […]
# Verrigtinge is onderbreek in die Senzo Meyiwa-moordverhoor in die Hooggeregshof in Pretoria nadat vier van die beskuldigdes blykbaar vanoggend geweier het om in die polisievoertuig te klim om hof toe te gaan. Vyf mans staan tereg op aanklag van moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein in 2014. Die staat sê die vier het beweer […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die land benodig bekwame staatsamptenare wat die staatsdiens beskou as ‘n roeping en nie slegs ‘n loopbaan nie. Sy sê die land se ontwikkelingsagenda is afhanklik van bekwame instellings, etiese leierskap en ‘n nuwe geslag beroepslui wat daartoe verbind is om in openbare belang te dien. […]
# Eskom het 441 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag bereik – sy beste prestasie in ‘n dekade. Die kragvoorsiener het ook sy hoogste energiebeskikbaarheidsvlak sedert 2017 aangeteken, onbeplande onderbrekings is tot die laagste punt in agt-jaar verminder en dieselverbruik is twee agtereenvolgende weke tot nul verminder. Die energiekenner Chris Yelland sê nuwe opwekkingsvermoë vanuit hernubare energie […]
# Die Landdroskommissie begin vandag met ‘n ondersoek na ‘n klagte teen die voormalige hooflanddros van die Kwaggafontein Landdroshof, Tuletu Tonjeni. Die ondersoek volg op die Nasionale Vervolgingsgesag se kommer oor Tonjeni se hantering van ‘n afpersingsaak waarby die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni betrek word. Die voormalige senior staatsaanklaer, Mkhuseli Ntaba, wat weens minagting van […]