# Burgerlike organisasies vra Suid-Afrikaners om deel te neem aan Saterdag se beplande landwye betoging teen xenofobie. July Eccles van die Siyafana Sonke-veldtog waarsku eiereg-groepe val stelselmatig buitelandse burgers aan. Dit sluit gedokumenteerde en ongedokumenteerde migrante van ander Afrikalande en gemeenskappe van Suid-Asiatiese oorsprong in. Eccles het met die oog op Vrouedag beklemtoon vroue se […]
# Rugby: Die All Blacks beskou Vrydag se eerste toerwedstryd teen die Stormers in Kaapstad as ‘n regte toets. Dit sal die eerste van vier wedstryde teen Suid-Afrika se Verenigde Rugbykampioenskap-spanne wees – die ander is in Durban teen die Haaie, in Pretoria teen die Bulle en in Johannesburg teen die Leeus. Nieu-Seeland en die […]
# Pikitup het Johannesburg se inwoners ingelig dat vullisverwyderingsdienste tans diensonderbrekings ervaar in sekere dele van die stad. Dit is weens voortgesette betogings deur tydelike werkers wat eis om permanent aangestel te word. Woordvoerder Anthony Selepe sê dit veroorsaak dat ingange versper is na die depots in Marlboro, Waterval, Roodepoort, Randburg, Orange Farm en Avalon:
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, verander die regering se skema vir die vroeë vrylating van gevangenes. Dit beteken verkragters, ernstige kinder-seksoortreders en bendes wat kinders seksueel voorberei sal nie meer vir vroeë vrylating in aanmerking kom nie. Dit volg nadat hy die plan gestaak het om vroeg volgende maand ses-duisend gevangenes vry te […]
# Die Verkiesingskommissie het ʼn WhatsApp-kieserregistrasiediens bekendgestel om dit makliker te maak vir kwalifiserende landsburgers om te registreer vir November se plaaslike regerings-verkiesing. Meer as 1,7-miljoen mense het die OVK gekontak tydens verlede naweek se kieserregistrasienaweek. Vrydag is die sperdatum vir registrasie. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die WhatsApp-platform laat gebruikers toe […]
# Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Deon Davids, het ontken dat hulle Saterdag se eenmalige toets teen die Pumas in Buenos Aires beskou as ‘n opwarmingswedstryd vir die reeks teen Nieu-Seeland. Ses-en-twintig spelers het na Argentinië gereis terwyl die res in Johannesburg agtergebly het om vir die toetsreeks voor te berei. Davids sê dit sal […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in Gauteng veroordeel die moord op sy provinsiale hoof van dissipline, Jabulani Ntshangase. Hy is Vrydag in Midrand doodgeskiet en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Santaco se woordvoerder, Graham Fritz, sê Ntshangase het die taxibedryf met onderskeiding gedien. Hy vra die polisie om alles in hul vermoë te […]