Skip to content

Man van KZN in Amerika tot 12-jaar gevonnis vir besit van inhoud wat seksuele misbruik van kinders uitbeeld

# ‘n Man van KwaZulu-Natal gaan die volgende aantal jare in ‘n Amerikaanse tronk deurbring nadat hy skuld erken het op aanklagte van die verspreiding en besit van inhoud wat die seksuele misbruik van kinders uitbeeld. Die 45-jarige Marcell Meyer het op ‘n plaas in Sackets Harbor, New York, gewerk. Die Distrikshof in Albany het hom 12-jaar-tronkstraf opgelê. Hy moet registreer as ‘n seksoortreder en sowat 334-duisend-rand aan sy slagoffers betaal. Die kantoor van die Amerikaanse aanklaer sê Meyer sal in aanmerking kom vir deportasie sodra sy vonnis uitgedien is.