# Lede van die Tshwane Metropolisiedepartement het die afgelope naweek 66 motoriste in Sinoville, Akasia, Pretoria-Sentraal, Mamelodi, Cullinan en Hammanskraal in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol. Dit was deel van ‘n reeks geteikende padveiligheidsoptredes. ‘n Polisiewoordvoerder, Puleng Motholo, sê die departement sal met die volle mag van die wet optree teen […]
# President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gegee om bewerings van wanadministrasie en onregmatige gedrag te ondersoek. Dit het betrekking op nege tenders wat verband hou met die Mangaung-metropolisie in die Vrystaat. Die ondersoek sal ook die oorbetaling van verskaffers insluit soos vervat in die munisipaliteit se jaarlikse finansiële state tot einde Junie […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging verwelkom die daling in die petrolprys, maar waarsku die skerp styging in diesel- en lampoliepryse gaan arm huishoudings swaar tref en voedselpryse laat styg. Die petrolprys daal om middernag met 52-sent per liter, maar diesel word tot een-rand-38-sent duurder, en lampolie een-rand-52-sent. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die regering moet maniere […]
# President Donald Trump van Amerika sê Iran het een laaste kans om ʼn goeie ooreenkoms te onderteken en ʼn toename in aanvalle te vermy. Hy het die vyfde keer sedert April moontlike aanvalle op Teheran uitgestel terwyl onderhandelaars weereens probeer om ʼn ooreenkoms te bereik om die Straat van Hormoes te heropen en Iran […]
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle is deeglik bewus wat op die spel is voor vanaand se wedstryd teen Burkina Faso in die Afrikabekertoernooi vir vroue. Suid-Afrika is onderaan die punteleer in Groep B met slegs een punt na twee wedstryde. Hulle moet Burkina Faso klop en hoop Ivoorkus reken met […]
# Die vakverbond Cosatu sê hy is teleurgesteld oor president Cyril Ramaphosa se aanstelling van die Nasionale Raad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord ná aanbevelings van die Parlement. Die raad bestaan uit sewe lede, insluitend akademici, ʼn geslagsaktivis, ʼn kliniese sielkundige en ʼn maatskaplike werker. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê daar is geen verteenwoordigers uit byvoorbeeld die […]