# Die GOOD-party kritiseer die DA-geleide Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad wat volgens hom herhaaldelik leë aankondigings maak oor bekostigbare behuising terwyl die leweringskoers daal. Die party se woordvoerder Mandilakhe Tshwete sê onder die DA is minder gesubsidieerde huise in die provinsie gelewer, met drie-duisend in 2024/2025. Sy sê die behuisingsagterstand staan op 680-duisend:
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, moedig alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer aan om te registreer en hul kieserregistrasie-besonderhede na te gaan voor die plaaslikeregeringsverkiesing se datum Vrydag afgekondig word. Tydens die laaste kieserregistrasie-naweek het 1,7-miljoen landsburgers óf registrasie-stasies besoek óf die aanlyn kieserregistrasie-portaal gebruik. Die departement se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, […]
# Die IVP sê die uitstekende opkoms tydens die laaste kieserregistrasienaweek toon Suid-Afrikaners bly vasbeslote om hul demokratiese stemreg uit te oefen. Meer as 1,7-miljoen landsburgers het die afgelope naweek met die OVK geskakel. Hiervan was 291-duisend-806 kiesers wat vir die eerste keer geregistreer het en meer as 1,5-miljoen kiesers wat hul registrasiebesonderhede bygewerk of […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika is in ʼn bepalende dekade wat sy energiemark-hervorming betref, met geleenthede in opwekking en transmissie, asook vir beleggers om die argitektuur van Afrika se toekomstige kragstelsel te vorm. Die Geïntegreerde Hulpbronne-plan wat verlede jaar goedgekeur is, dui op 2,2-duisend-miljard-rand se belegbare energiegeleenthede wat tot […]
# Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die uitdagings wat deur onwettige immigrasie veroorsaak word, vereis verenigde optrede en solidariteit. Tienduisende migrante uit Marokko het verlede week die grens na die Spaanse enklawe Ceuta oorgesteek. Volgens Spaanse owerhede is ongeveer 69-duisend-500 migrante weer terug in Marokko nadat hulle verlede Donderdag […]
# March and March-stigter, Jacinta Ngobese-Zuma, sê die massabetogings op 30 Junie teen onwettige buitelanders het gelei tot minder misdaad, plek in skole vir Suid-Afrikaners en beter gesondheidsorg. Die Grensbestuursowerheid het tussen 7 Junie en 14 Julie meer as 72-duisend repatriasies na verskillende lande hanteer. Ngobese-Zuma sê baie kinders van onwettige immigrante het die land […]