# Die Mining Affected Communities United in Action, en verskeie ander organisasies sê beraadslaging met die parlementêre portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleum Hulpbronne kan ʼn nuwe begin wees vir Suid-Afrika se myngemeenskappe. Tydens gister se vergadering het die organisasies hul kommer gelug oor die maatskaplik-ekonomiese en omgewingsgevolge van mynbedrywighede en -sluitings, korporatiewe aanspreeklikheid, rehabilitasie-verpligtinge en die uitwerking van korporatiewe onttrekking van beleggings in myngemeenskappe. MACUA-woordvoerder, Nosizwe Sekese, sê daar moet ʼn nasionale dialoog oor mynbou wees:
Myngemeenskappe sê ’n nasionale dialoog oor mynbou is nodig [KLANK]
ENG SekeseONParliamentary