# President Donald Trump van Amerika sê Iran het een laaste kans om ʼn goeie ooreenkoms te onderteken en ʼn toename in aanvalle te vermy. Hy het die vyfde keer sedert April moontlike aanvalle op Teheran uitgestel terwyl onderhandelaars weereens probeer om ʼn ooreenkoms te bereik om die Straat van Hormoes te heropen en Iran […]
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle is deeglik bewus wat op die spel is voor vanaand se wedstryd teen Burkina Faso in die Afrikabekertoernooi vir vroue. Suid-Afrika is onderaan die punteleer in Groep B met slegs een punt na twee wedstryde. Hulle moet Burkina Faso klop en hoop Ivoorkus reken met […]
# Die vakverbond Cosatu sê hy is teleurgesteld oor president Cyril Ramaphosa se aanstelling van die Nasionale Raad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord ná aanbevelings van die Parlement. Die raad bestaan uit sewe lede, insluitend akademici, ʼn geslagsaktivis, ʼn kliniese sielkundige en ʼn maatskaplike werker. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê daar is geen verteenwoordigers uit byvoorbeeld die […]
# Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die uitbreiding van die Nywerheidskoördineringsraad wat ‘n belangrike rol speel in die regering se pogings om bek-en-klouseer te bestry. Twee nuwe lede is aangestel: die uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie Saai, Theo de Jager, en die direkteur van die Veeartsnetwerk, Danie Odendaal. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal het ʼn gedeeltelike aflewering van dialise-verbruiksartikels ontvang. Die DA beweer die hospitaal het geen natriumbikarbonaat-oplossings nie, wat ʼn noodsaaklike komponent van daaglikse dialise-behandelings is. Die hospitaal is nou verplig om noodvoorrade by die Helen Joseph Hospitaal te leen. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, […]
# Bemiddelaars Katar, Turkye en Egipte het voortgesette Israelse optrede in die Gazastrook veroordeel. Minstens 28 mense is sedert Vrydag in Israelse aanvalle in Gaza dood, nadat die VSA-geleide Vredesraad ‘n ooreenkoms aangekondig het om Hamas te ontwapen. Die militante groep het egter verklaar dat hulle die ooreenkoms slegs sal nakom indien Israel die aanvalle […]