Skip to content

Lugverkeernavigasiediens worstel met ernstige tekort aan lugverkeer-beheerders

# Die Lugverkeernavigasiediens worstel met ‘n kritieke vaardigheidskrisis nadat internasionale mededingers soos die Verenigde Arabiese Emirate en Australië talle ervare lugverkeer-beheerders gewerf het. Dit veroorsaak dat belangrike bedrywighede worstel met ‘n tekort aan personeel. Die naderings-beheer-eenheid op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, wat ‘n belangrike rol in die bestuur van vlugte speel, werk tans met slegs 57-persent van die vereiste personeel. Die diens het ‘n versnelde werwingsveldtog van stapel gestuur, insluitend deurlopende werwingsadvertensies en doelgerigte werwing van geskikte kandidate.