Skip to content

Kragtoevoer in dele van Soshanguve vandag onderbreek [KLANK]

# Die Stad Tshwane se Energie- en Elektrisiteitsafdeling en Eskom waarsku oor ‘n kragonderbreking in dele van Soshanguve tot twee-uur vanmiddag. Die onderbreking is om belangrike toetse te doen by die opgeknapte Buffel-invoersubstasie. Eskom en die metro is tans besig met belangrike tegniese werk om seker te maak die stasie werk. Die stad se woordvoerder, Lindela Mabona, sê die werk sluit in die toetsing van hoëspanning-skakeltoerusting, die instandhouding van bestaande toerusting en om toe te sien dat die opgeknapte infrastruktuur behoorlik werk. Die beskermingstelsels en beheerfunksies word ook getoets.

ENG MashigoONSoshanguve