# Die Sentrum vir Menseregte in Iran veroordeel Teheran se voorgestelde wetgewing om kontak en onderhoude met buitelandse media strafbaar te maak. Dit volg te midde van wyer staats-optrede teen die deel van inligting met die buiteland. Die wetgewing kan daartoe lei dat oortreders tussen ses maande en twee jaar tronkstraf opgelê word. Die sentrum sê dis nie bloot ‘n aanval op die media nie, maar ‘n poging om die hele Iranse samelewing van die res van die wêreld te skei deur die vryvloei van inligting te kriminaliseer.
Iran gekritiseer vir pogings om alle kontak met buitelandse media ‘n strafbare oortreding te maak