# Sewentien verdagtes wat verbind word met ‘n kapingsindikaat is in Orange Farm in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê beamptes het reageer nadat inligting ontvang is oor ‘n vragmotor wat op die N1 geteiken is vir kaping. Lede van die sindikaat is op ‘n kleinhoewe in Rietfontein onderskep waar hulle op die polisie losgebrand het. Vier van die verdagtes is gewond en word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel. Sibeko sê die polisie het beslag gelê op onder meer ‘n AK-47-geweer, vier pistole, vyf voertuie, seinblokkerings-toestelle en verkeersbeampte-uniforms.
Sewentien in hegtenis geneem ná kapingsverwante skietery in Orange Farm