# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring sal fondse beskikbaar stel vir die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Die ANC-vroueliga het gister ʼn plakkaat-betoging buite Nasionale Tesourie se kantoor in Tshwane gehou, en gevra dat hulpbronne dringend toegeken word om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp. President Cyril Ramaphosa het verlede jaar geslagsgeweld […]
# Rugby: Die Stormers se voorry-afrigter, Rito Hlungwani, sê die omvang van die uitdaging en geleentheid om teen Nieu-Seeland te speel, het opofferings vereis wat die spelers bereid was om te maak. Hulle het pas begin voorberei vir die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen wat einde September afskop. Hlungwani sê in ʼn gewone af-seisoen sou hulle nou eers […]
# Rusland se ministerie van Buitelandse Sake beskuldig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie en die Europese Unie dat hulle “terroriste-aktiwiteite” borg. Dit volg nadat ʼn strand in die vakansiedorp, Gelendzhik langs die Swartsee, gister deur ʼn vermeende Oekraïnse hommeltuig getref is. Sewe mense, insluitend drie kinders, is dood en 40 ander beseer. Die ministerie se woordvoerder, Maria […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het ʼn interregeringsgeskil verklaar met die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om die Metropolisie se magte uit te brei om misdaadondersoeke in te sluit. Hy sê wanneer ʼn metro-polisiebeampte op ʼn onwettige wapen beslag lê, moet die stad die gesag hê om ʼn suksesvolle dossier saam te stel […]
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die moord op ‘n leerkrag van die Michael Zulu Primary School in Tsakane, Ekurhuleni, veroordeel. Die onderwyser is gisteroggend doodgeskiet terwyl hy saam met ‘n groep leerders skool toe gestap het. Die motief vir die skietery is onbekend, en die polisie stel ondersoek in. Die […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê Iranse leiers is tweegesigte nadat Teheran ontken het dat hy in onderhandelinge met Amerika is. Trump het Sondag aan verslaggewers aan boord van Air Force One gesê ‘n ooreenkoms is naby om die Straat van Hormoes te heropen en onderhandelinge sal Maandag begin. Iran het dit ontken en […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se Billike Energie-oordrag kry momentum, met skoon energie-beleggings wat bevorder word vanuit die buiteland en deur plaaslike firmas. Volgens Statistiek Suid-Afrika het hernubare energie in 2016 slegs twee-persent van plaaslik opgewekte elektrisiteit uitgemaak. Hierdie syfer het in 2024 tot nege-persent gestyg. By vanjaar se Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie is meer as […]
# Die Congress of the People het die Verkiesingskommissie versoek om kieserregistrasieveldtogte na skole, TVET-kolleges en universiteite uit te brei om meer jongmense aan te moedig om te registreer. Tom Mofokeng van die party sê die sterk jeugopkoms tydens die onlangse registrasienaweek toon daar is potensiaal om deelname te verhoog voor die plaaslike munisipale verkiesing […]
# Rugby: Nege Springbok-vroue is ingesluit in ‘n groep van 30 spelers wat in Somerset-Wes, Kaapstad, oefen in die eerste van twee kampe. Die groep is deel van die Springbok-vroue-akademie, waar spelers wat nie by die toetswedstrydgroepe betrokke is nie, saam oefen as deel van die breër nasionale groep. Die Springbok-vroue A-groep van 26 spelers […]