# Sokker: Die Premierliga het die MTN8 se kwarteindstryde vir hierdie naweek bevestig. Die verdedigende kampioen, Orlando Pirates, begin Saterdag hul poging vir ‘n rekord vyfde agtereenvolgende titel teen Durban City in Soweto. Mamelodi Sundowns is later die aand gasheer vir Polokwane City in hul eerste mededingende wedstryd van die nuwe seisoen. Sondag speel AmaZulu […]
# Die polisie het die afgelope week byna 16-duisend verdagtes aangekeer tydens landwye Operasie Shanela-optredes. Dit het 329 vermeende dwelmhandelaars ingesluit, terwyl kokaïen van ‘n geraamde 28-miljoen-rand op die OR Tambo-lughawe in Gauteng afgeneem is nadat dit op ‘n vlug uit Brasilië aangekom het. Woordvoerder Amanda van Wyk sê die optrede is daarop gemik om […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die Suid-Afrikaanse span gelukgewens wat ‘n geskiedkundige vierde plek behaal het op die eerste Wêreld-spelkampioenskap in Sjanghai, China. Twee leerders het onder die wêreld se top-tien geëindig, terwyl al ses spanlede die kompetisie se voorlopige rondes suksesvol voltooi het. ‘n Leerder aan die Laerskool Klerksdorp in […]
# Fietsry: Die Sloween Tadej Pogacar, wat pas die Tour de France ‘n vyfde keer gewen het om die rekord te ewenaar, het bevestig hy gaan die eerste keer in sewe jaar aan die Vuelta a Espana deelneem. Hy het in 2019 derde geëindig. Die 27-jarige beskryf sy vorige ervaring in Spanje as wonderlik en […]
# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, se mislukte plan om ‘n Wêreldbeker-belang aan private beleggers te verkoop, het hom onder geweldige druk geplaas om sy posisie te behou. Die beheerliggame van Europa en Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande, UEFA en Concacaf, se aankondigings dat hulle vertroue in sy leierskap verloor het, is […]
# Die DA sê die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, moet rekenskap gee vir elke rand wat aan Suid-Afrika se 2026 FIFA Wêreldbeker-afvaardiging bestee was. Die party sal druk op McKenzie in die Parlement uitoefen om ‘n volledige uiteensetting van die geraamde uitgawes van 31-miljoen-rand te verskaf, insluitend die rolle wat die […]
# Omtrent 60-duisend mense is beveel om te ontruim weens veldbrande wat die stad Spokane in die staat Washington, in Amerika, bedreig. Plaaslike amptenare het gesê die brande in die streek het 600 geboue, insluitend huise en ondernemings, vernietig. Die brande het teen gister byna twee-duisend-200-hektaar verbrand. Die burgemeester van Spokane, Lisa Brown, het dit […]
# Sokker: Die Europese beheerliggaam UEFA dreig met regstappe teen FIFA tensy president Gianni Infantino sy planne terugtrek om sy aandele in die wêreldliggaam aan private beleggers te verkoop. Volgens berigte onttrek Engeland glo ook sy steun vir die plan, terwyl Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande die plan ook in die openbaar gekritiseer […]