# Die DA in die Wes-Kaap het die Hooggeregshof genader om dele van die Onteieningswet ongeldig te verklaar. Die DA sê Artikels 19(2) en 19(3) behoort die wet heeltemal ongrondwetlik te maak. Die regsverteenwoordiger van die party, Karrisha Pillay, voer aan die Wet is deur ‘n gebrekkige wetgewende proses aanvaar en bevat irrasionele bepalings. Sy […]
# Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane sê die provinsie is goed geplaas om ‘n toonaangewende hernubare energie-sentrum te word. Mabuyane het tydens die Suid-Afrika-China-beraad oor elektrisiteit- en energiebeleggings in China, die Oos-Kaap se moontlikhede vir wind-, son- en groenwaterstof-energie beklemtoon. Hy het aan die SABC gesê vennootskappe tussen die Wes-Kaap en die Noord-Kaap en ‘n […]
# Rugby: Die hoërskole Fairmont en Settlers in Kaapstad het albei ondersoeke begin nadat ‘n wedstryd weens ‘n beweerde rassevoorval gestop is. Die skeidsregter het spel na die bewering van rassisme opgeskort, maar die skole kon nie bevestig wat gesê is of wie betrokke was nie. Die publiek is versoek om nie ‘n video van […]
# Duisende migrante bly gestrand in Spanje se Noord-Afrikaanse enklawe van Ceuta na ‘n massiewe grensbestorming verlede week vanuit Marokko. Honderde het kamp opgeslaan op plaaslike strande terwyl ontvangsentrums sukkel om die situasie te behartig. Spaanse owerhede sê byna 70-duisend migrante is reeds na Marokko teruggestuur, terwyl die dodetal tot 83 gestyg het. Die krisis […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika fokus op die ontwikkeling van ‘n betroubare kragstelsel wat aan die land se groeiende vraag na elektrisiteit kan voldoen. Ramokgopa lei ‘n afvaardiging na China om samewerking op die gebied van energiebeleggings en infrastruktuurontwikkeling te versterk. Die besoek is om beleggings in elektrisiteitsopwekking, die […]
# Tennis: Die DC Ope-eindstyd tussen die Amerikaner Taylor Fritz en Rafael Jodar van Spanje sal nou vanaand plaasvind na dit weens reën in Washington uitgestel moes word. Die wedstryd sal nie vroeër as 19:00 Suid-Afrikaanse tyd begin nie, na die voltooiing van die vroue-eindstyd tussen die Amerikaner Jessica Pegula en Alexandra Eala van die […]
# Iran verwerp president Donald Trump se bewering oor onderhandelings tussen Washington en Teheran. Trump het gesê gesprekke sou begin nadat hy beplande militêre aanvalle afgelas het en verkies het om ‘n ooreenkoms eerder as ‘n oorlog na te streef. Iran se Ministerie van Buitelandse Sake hou egter vol daar is geen vergaderings geskeduleer nie […]