# Omtrent 60-duisend mense is beveel om te ontruim weens veldbrande wat die stad Spokane in die staat Washington, in Amerika, bedreig. Plaaslike amptenare het gesê die brande in die streek het 600 geboue, insluitend huise en ondernemings, vernietig. Die brande het teen gister byna twee-duisend-200-hektaar verbrand. Die burgemeester van Spokane, Lisa Brown, het dit […]
# Sokker: Die Europese beheerliggaam UEFA dreig met regstappe teen FIFA tensy president Gianni Infantino sy planne terugtrek om sy aandele in die wêreldliggaam aan private beleggers te verkoop. Volgens berigte onttrek Engeland glo ook sy steun vir die plan, terwyl Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande die plan ook in die openbaar gekritiseer […]
# Die Johannesburgse metropolisie het 166 motoriste in hegtenis geneem vir dronkbestuur in operasies wat tussen 27 Julie en 2 Augustus uitgevoer is. Die arrestasies was tydens hoësigbaarheidspatrollies, padblokkades en roetine- wetstoepassingsoperasies. Xolani Fihla van die departement sê dronkbestuur bly een van die grootste oorsake van ernstige en noodlottige botsings. Hy vra motoriste om alternatiewe […]
# Kaapstad Toerisme sal ‘n reeks slypskole vir intelligente bestemmings aanbied om toerisme- en gasvryheidsondernemings te help om data wat reeds ingesamel word beter aan te wend. Die projek volg ná ‘n lede-betrokkenheidsessie wat beklemtoon baie ondernemings ontleed slegs ‘n geringe deel van hul inligting. Die uitvoerende hoof, Enver Duminy, sê die slypskole sal lede […]
# Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Lindi Masina, sê die amptelike oorhandiging van die Lucky Dube School of Performing Arts in Ermelo sal die onderwys- en kreatiewe sektor versterk. Die geleentheid val saam met die 62ste verjaardag van die ontslape reggae-ikoon. Masina het aan die SABC gesê die skool help om jong talent in […]
# TLU SA in Limpopo verwelkom die Landdroshof in Howick se uitspraak waarin vier mense skuldig bevind is aan onwettige jag ingevolge die KwaZulu-Natalse Ordonnansie op Natuurbewaring. Die organisasie se woordvoerder, Floris Booysen, sê die uitspraak bevestig owerhede kan optree voor wild onwettig gejag word om misdaad te voorkom. Hy sê onwettige jag hou dikwels […]
# Eskom verwelkom die Presidensie se verslag oor die eerste fase van die elektrisiteitshervorming en steun ook die plan om ‘n onafhanklike staatsbeheerde transmissiestelsel-operateur tot stand te bring. Die kragvoorsiener verwelkom pogings om munisipale skuld, wat tans 119-miljard-rand beloop, te verminder en beskryf dit as noodsaaklik vir sy langtermyn finansiële volhoubaarheid en die land se […]
# Die polisie het na bewering versuim om behoorlike wetlike prosedures te volg toe hulle beskuldigde een, Musa Kekana, in hegtenis geneem het op ‘n klag van poging tot moord waarby Vusimuzi “Cat” Matlala en vier medebeskuldigdes betrokke is. Die verhoor binne ‘n verhoor in die Hooggeregshof in Johannesburg ondersoek die wettigheid van die arrestasie. […]