# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika fokus op die ontwikkeling van ‘n betroubare kragstelsel wat aan die land se groeiende vraag na elektrisiteit kan voldoen. Ramokgopa lei ‘n afvaardiging na China om samewerking op die gebied van energiebeleggings en infrastruktuurontwikkeling te versterk. Die besoek is om beleggings in elektrisiteitsopwekking, die […]
# Tennis: Die DC Ope-eindstyd tussen die Amerikaner Taylor Fritz en Rafael Jodar van Spanje sal nou vanaand plaasvind na dit weens reën in Washington uitgestel moes word. Die wedstryd sal nie vroeër as 19:00 Suid-Afrikaanse tyd begin nie, na die voltooiing van die vroue-eindstyd tussen die Amerikaner Jessica Pegula en Alexandra Eala van die […]
# Iran verwerp president Donald Trump se bewering oor onderhandelings tussen Washington en Teheran. Trump het gesê gesprekke sou begin nadat hy beplande militêre aanvalle afgelas het en verkies het om ‘n ooreenkoms eerder as ‘n oorlog na te streef. Iran se Ministerie van Buitelandse Sake hou egter vol daar is geen vergaderings geskeduleer nie […]
# Suid-Afrikaners is gevra om as kiesers te registreer of hul kiesersbesonderhede by te werk voor die kiesersregistrasies Vrydag sluit. Vrydag is ook die dag waarop die plaaslike regeringsverkiesing amptelik afgekondig word. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, sê kiesers moet geregistreer wees in die stemdistrik waar hulle woon om 4 November in […]
# Die ANC-Jeugliga in Gauteng vra premier Panyaza Lesufi om die finale ondersoekverslag oor die Gauteng City Region Academy bekend te maak en sê die publiek verdien volle deursigtigheid. Woordvoerder Mpume Sangweni sê hul het reeds in Maart verlede jaar bestuursbekommernisse by die Openbare Beskermer aangemeld en verwelkom die skorsing van die akademie se uitvoerende […]
# ‘n Studie het onthul dat antibiotika-weerstandige bakterieë en weerstandsgene steeds in Suid-Afrika se waterstelsels voorkom, ondanks watersuiwering. Navorsers sê behandelde afvalwater kan steeds genetiese materiaal bevat wat weerstand teen kritieke antibiotika dra, wat dit toelaat om deur riviere te versprei en moontlik weer in gemeenskappe te beland. Die studie vra verbeterde monitering, gevorderde watersuiwerings-tegnologieë […]
# Die ACDP vra die Stad Ekurhuleni om jaarlikse kuberveiligheidsoudits uit te voer om sy inligtingstelsels te beveilig en toekomstige kuberaanvalle af te weer. Woordvoerder Palesa Yates sê die vervanging van die IT-stelsel vir finansiële bestuur is nie genoeg nie ná die onlangse kuberaanval wat Ekurhuleni na bewering byna twee-miljard-rand gekos het. Sy sê veilige […]