# President Donald Trump sê die Amerikaanse Vloot het alle myne in die internasionale waters van die Straat van Hormoes verwyder of laat ontplof. Die belangrike waterweg, waardeur sowat 20-persent van die wêreld se olie en vloeibare gas uitgevoer word, is deur Iran geblokkeer sedert die oorlog in Februarie begin het. In ‘n plasing op […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, sê die regering se versuim om op te tree teen die beweerde aanstigters en plegers van geweld teen buitelandse burgers in Suid-Afrika skep die indruk dat die geweld deur die staat goedgekeur is. Hy het gepraat tydens president Cyril Ramaphosa se antwoordsessie in die Nasionale Vergadering gister. Die president het […]
# Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het van ‘n dyspierbesering herstel en sal Saterdag teen die All Blacks in Kaapstad opdraf. Die 35-jarige, wat die besering drie weke gelede teen Argentinië opgedoen het, het verlede naweek die eerste toets in Johannesburg misgeloop. Kolisi sal ‘n los trio vorm met Pieter-Steph du Toit, wat aanvanklik as […]
# Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom oorlede. In ‘n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as drieduisend liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies wat pragtige stories vertel het, soos Coat of Many Colours, Jolene, […]
# Sokker: Tottenham Hotspurs het ‘n aanvanklike bedrag van 1,6-miljard-rand betaal om die dienste van die Brasiliaanse vleuel Savinho van Manchester City te bekom. Die 22-jarige is nog nie as ‘n gereelde speler by City gevestig nie, maar Spurs glo hy kan hulle aanval met spoed en kreatiwiteit versterk. Savinho is opgewonde om onder hoofafrigter […]
# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, glo besondere streng straf is nodig om te verseker dat al die land se spelers besef daar sal gevolge wees vir oproerige gedrag. Die snelbouler Brydon Carse is die derde nasionale speler wat die afgelope jaar by ‘n drankvoorval betrokke was. Die polisie het hom verlede naweek […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ondersoekbeamptes geprys vir die vordering in die ondersoek na ‘n reeks moorde in Knysna in die Wes-Kaap. Cachalia het die dorp besoek na die moorde op voormalige Knysna-burgemeester Aubrey Tsengwa en twee ander mans in afsonderlike voorvalle verlede week. Die woordvoerder van die Ministerie van Polisie, […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, en die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n driejaar-ooreenkoms onderteken om belegging in toerisme-infrastruktuur te bespoedig. Die vennootskap beoog om toerismeplanne in lewensvatbare projekte te omskep wat werk kan skep en ekonomiese groei bevorder. De Lille sê Infrastruktuur Suid-Afrika sal deskundige ondersteuning verskaf […]
# AfriForum sê die gebrek aan titelaktes het ‘n uitwerking op inwoners se eiendomsregte in Dennilton in Limpopo, en veroorsaak probleme met ontwikkelings op die grond. Die organisasie voer aan sommige inwoners s meentgrond word oom ook onwettig beset. Barend Uys van AfriForum doen ‘n beroep op die provinsiale Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling […]