# Lede van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies keer hierdie week terug van die kiesafdelingtydperk wanneer die Parlement sy program vir die derde kwartaal hervat. Wetgewers sal na verwagting voortgaan met komiteevergaderings, toesigwerk, debatte en wetgewende sake nadat hulle gemeenskappe in hul kiesafdelings betrek het. Die Parlement sê die nuwe kwartaal […]
# United Africans Transformation vra dringende ingryping om die stygende misdaad in Tshwane aan te pak en sê gemeenskappe leef daagliks in vrees. Rani Mammushi van die party noem hoë vlakke van geweldsmisdaad, kapings, rooftogte, kabeldiefstal en dwelmsmokkelary in verskeie gebiede. Hy vra die ontplooiing van meer polisielede, die instelling van spesialis-misdaadbestrydingseenhede en verbeterde toesigstelsels. […]
# Rugby: Hoë pryse word beskou as ‘n moontlike rede waarom kaartjieverkope vir die All Blacks se toerwedstryde traag is. Pryse begin by 650-rand vir Vrydag se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad, en wissel vir die wedstryde teen die Haaie in Durban, die Bulle op Loftus en die Leeus op Ellispark. Kaartjies is ook […]
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê die metro se jongste vorderingsverslag oor toelaes en befondsing vir die tydperk tot 30 Junie, ontbloot ernstige gebreke in die besteding van ontwikkelingsfondse. Die woordvoerder Nick Pascoe sê die metro se versuim om basiese prosesse betyds te voltooi, het veroorsaak dat die Nasionale Tesourie 155,4-miljoen-rand se ontwikkelingsfondse teruggeëis […]
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy regering gaan meedoënloos optree om kleinboot-oorgange oor die Engelse Kanaal te beperk. Voorlopige syfers dui aan 14-duisend-526 mense het tot dusver vanjaar die land so binnegekom. Meer as twee-duisend mense het die kanaal in klein bote oorgesteek sedert Burnham eerste minister geword het. Hy sê sy […]
# Forum for South Africa verwelkom die regering se verbintenis om die oorskot van Suid-Afrikaners te repatrieer wat tussen 1976 en 1992 tydens apartheid in Angola gesterf het. ‘n Voorlopige sending is verlede jaar na Angola onderneem om die ligging van grafte te karteer, waartydens 89 moontlike grafte vir opgrawing identifiseer het. FOSA se leier, […]
# Die dodetal in die huidige winter-inlywingseisoen het tot 48 gestyg, met 18 sterftes in Mpumalanga en 14 in die Oos-Kaap. Die adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zolile Burns-Ncamashe, sê die owerhede is ook bekommerd oor die toenemende aantal sterftes in Noordwes, berigte van inlywings-verwante ontvoerings in Gauteng en die toenemende getal onwettige […]