# Die Vryemarkstigting sê die BELA-wet verskuif eerder skoolbeheer-probleme as om dit op te los. In ‘n beleidsvoorstel wat vanoggend gepubliseer is, voer die stigting aan die Wet verbreed provinsiale beheer oor toelatings- en taalbeleide sonder om die onderliggende spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente reg te stel. Ayanda Sakhile Zulu van die stigting sê […]
# President Cyril Ramaphosa sê die polisie ondersoek diegene wat agter die gewelddadige optrede is teen buitelandse burgers in Suid-Afrika. In sy mondelinge antwoord op vrae in die Parlement het Ramaphosa gesê verskeie mense is in hegtenis geneem, en meer arrestasies en aanklagte kan volg namate die polisie bewyse insamel. Hy het verklaar die regering […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly verbind tot die beginsels van Pan-Afrikanisme en verwerp xenofobie en diskriminasie teen buitelandse burgers. Ramaphosa het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en sê die regering voer gesprek met leiers van verskeie Afrika-lande oor migrasie-uitdagings, wat deur verskeie regerings begryp en ondersteun word. Hy voeg by migrasie moet […]
# Die Verkiesingskommissie herinner politieke partye en onafhanklike kandidate die sperdatum om benoemings in te dien en te voltooi vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing is Vrydag-middag om 5-uur. Die OVK sê die sperdatum kan nie verleng of verander word nie, en geen voorleggings sal daarna aanvaar word nie. Partye en kandidate is versoek om besonderhede […]
# Die verhoor van ‘n Libiese man wat daarvan beskuldig word dat hy gehelp het om die bom te bou wat in die Lockerbie-bomaanval gebruik is, is uitgestel net ‘n dae voor dit sou begin het. ‘n Amerikaanse regter sê nuwe bewyse beteken die verdediging het meer tyd nodig om voor te berei. Abu Agila […]
# Wydverspreide vloede in Suid-China vererger te midde van swaar reën weens Tifoon Narra, met huise en winkels wat oorstroom is. Chinese staatstelevisie berig meer as 54-duisend mense in Guangxi is ontruim, met minstens nog 15-duisend mense in die stad Chongzuo, nadat riviervlakke die vorige rekord van 2008 oorskry het. Owerhede het ondernemings en toeristebedrywighede […]
# Die Mediese Skema vir Staatsamptenare, GEMS, het sy hoofbeampte, Stan Moloabi, op voorsorgskorsing geplaas hangende ‘n interne administratiewe proses. Die voorsitter van die raad, Nomzamo Tutu, sê die skorsing is ‘n tussentydse maatreël om die proses onafhanklik en billik te laat voortgaan. Sy beklemtoon dit moet nie geïnterpreteer word as ‘n bevinding van wangedrag […]