# Rugby: ‘n Voormalige Springbok-losskakel gaan na verwagting binnekort as die Bulle se skopafrigter aangewys word. Die 58-jarige Vlok Cilliers, wat in 1996 een toets vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel het, het onlangs van Frankryk teruggekeer, waar hy dieselfde rol vir die nasionale span vervul het. Hy was ook die Bulle se skopafrigter […]
# Die vakbondfederasie SAFTU verwerp president Cyril Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling en sy bewering dat mededinging in elektrisiteits-opwekking pryse gaan verlaag. Hy het die eerstefase-verslag van die Eskom-herstrukturerings-taakspan aanvaar wat die plan ondersteun om Suid-Afrika se verspreidingsnetwerk ten volle onafhanklik van Eskom te maak. SAFTU se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê Ramaphosa se […]
# Die Stad Kaapstad ondersoek virtuele kragaanleg-moontlikhede terwyl die metro deel is van ʼn beoordelings-toetslopie vir ʼn tegniese vennootskap. ʼn Virtuele kragaanleg is ʼn netwerk gedesentraliseerde skoner energiebronne, van fotovoltaïese sonkragstelsels op dakke tot nutskaal-opwekking en bergings-aanlegte wat saam as ‘n tradisionele kragstasie funksioneer. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die metro is op […]
# SANParke se brandbestuurspan in die Tafelberg Nasionale Park bestry steeds die veldbrand bo Kloofnek-hoek en die Tafelberg-kabelspoorstasie. Die brand het gister ontstaan. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê toestande was laasnag gunstiger as gevolg van ʼn ligter wind. Die brand kan egter vandag moontlik weer opvlam wanneer die temperatuur styg, veral in rotsagtige gebiede […]
# Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê een-duisend-800 megawatt kan in 2026/2027 by die netwerk gevoeg word indien die huidige vordering voortduur. Dit is deel van die provinsie se Energieveerkragtigheid-program. Die premier se woordvoerder, Regan Thaw, sê die provinsie bly op dreef om teen 2035 vyf-duisend-700 megawatt nuwe energie-vermoë by die netwerk te voeg. Hy […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, lei hierdie week ʼn hoëvlak-afvaardiging na die Suid-Afrika/China Elektrisiteit- en Energie-beleggingskonferensie in Beijing. Die afvaardiging se doel is om die lewering van die 2,2-duisend-miljard-rand Geïntegreerde Hulpbronplan van strategie na instelling te versnel. Die Kabinet het ook onlangs langverwagte elektrisiteitshervorming, insluitend ʼn nuwe prysbeleid, goedgekeur. Eskom-hoof Dan […]
# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy ondersteun die Voedsel- en Geallieerde Werkersunie se beskermde staking vandag by Heineken Beverages Suid-Afrika se hoofkwartier in Gauteng ten volle. Dit volg na ‘n dooiepunt in loononderhandelinge. Die werkers eis onder meer ‘n algehele loonverhoging van sewe-persent, ‘n verhoging in die maaltydtoelaag van 74-rand tot 80-rand, en […]