# Die musiekkenner Shelon Leal sê dit is nou 44 jaar sedert die kompakskyf die manier verander het waarop die wêreld na musiek luister. Hy het aan Radio 702 gesê toe die kompaskyf in 1982 sy verskyning gemaak het, het sy bekostigbaarheid en duursaamheid dit meer gewild gewild gemaak as langspeelplate en magneetband, en dit […]
# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn sê Suid-Afrika se nederlaag teen die All Blacks in die eerste toets was nie noodwendig sleg nie. Dit was hulle eerste nederlaag in 13 maande nadat hulle verlede jaar laas in Auckland teen Nieu-Seeland verloor het. Steyn sê die reeks is nog besig om te ontvou en Suid-Afrika […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom ‘n nuwe raamwerk en ooreenkoms van verstandhouding tussen die regerings van Suid-Afrika en Zimbabwe om samewerking in Justisie en Korrektiewe Dienste te versterk. Gevangenisbevolkingsyfers dui aan daar is meer as 170-duisend gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke, insluitend ‘n beduidende aantal buitelandse burgers. Woordvoerder Claude Naicker sê enige projek moet oorweeg […]
# Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika het sy lemoenuitvoer-voorspellings vir 2026 verlaag te midde van erge weer, geopolitieke spanning, markontwrigtings en logistieke uitdagings. Die uitvoerberaming vir Valencia-lemoene is met agt persent verlaag tot 58-miljoen kartonne, terwyl die vooruitskatting vir Navel-lemoene met 19-persent verlaag is tot 24,3-miljoen kartonne. Algehele sitrusuitvoere sal na verwagting 197,9-miljoen kartonne van 15-kilogram […]
# Airlink gaan van 16 November regstreekse vlugte tussen Gqeberha in die Oos-Kaap en die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe in Mbombela instel. Die lugredery sal drie vlugte per week bedryf op ‘n 44-sitplek Embraer ERJ140-vliegtuig – Maandae, Woensdae en Vrydae. Airlink sê die roete sal reistyd aansienlik verminder vir vakansiereisigers deur verbindings deur Gauteng uit te […]
# Transnet het aangekondig hy wil ontslae raak van 15 sake-eiendomme wat nie meer as kernbates beskou word nie. Dit sluit in die ikoniese Carlton-sentrum in Johannesburg, gholfbane en winkelsentrums. Transnet het die Carlton-sentrum in 1999 by Anglo American gekoop teen 33-miljoen-rand. Die gebou was jare die hoogste in Suid-Afrika, met sy 50 verdiepings wat […]
# Die Vryheidsfront Plus se voormalige koukusleier in Tshwane, Grandi Theunissen, het by die DA aangesluit. Hy het dit vanoggend op ‘n nuuskonferensie bekend gemaak en die DA beskryf dit as ‘n beduidende politieke skuif in Gauteng. Die VF Plus het Theunissen vroeër die maand verwyder as koukusleier nadat hy sedert 2021 in die rol […]