# Die sewe lidlande van die Organisasie van Petroleum-uitvoerlande en sy bondgenote, bekend as OPUL-plus, het ooreengekom om olieproduksie volgende maand te verhoog. Dit is weens die voortslepende ontwrigting in die Seestraat van Hormoes waardeur sowat 20-miljoen vate olie vervoer is voor die oorlog tussen Amerika en Iran uitgebreek het. Die olieproduserende groep sal die daaglikse […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement doen ʼn beroep op ouers en voogde om die skoolgebaseerde inentingsveldtog teen die menslike papilloom-virus te ondersteun deur toestemmingsvorms te onderteken en terug te stuur. Die veldtog teiken negejarige meisies in graad 5, 6 en 7. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die MPV is ʼn algemene virus wat mans […]
# Rugby: Nieu-Seeland se plaasvervanger-kaptein, Codie Taylor, sê hulle het geen illusies oor die uitdaging om die wêreldkampioen-Springbokke tuis aan te pak nie. Hy voer die span aan tot die gereelde kaptein, Ardie Savea, by die groep aansluit voor die eerste toets op Elllispark die 22ste. Die All Blacks se toer van agt wedstryde skop […]
# Die Departement van Gesondheid sê dis tans Wêreld-borsvoedweek, maar slegs 22-persent babas in Suid-Afrika word die eerste ses maande van hul lewe uitsluitlik geborsvoed. Dis aansienlik minder as die Wêreld-gesondheidvergadering se teiken van 60-persent teen 2030. Foster Mohale van die departement sê dit gaan nie net oor die land en wêreld se teikens nie, […]
# Die vakbond Numsa se nasionale gesondheid- en veiligheidskomitee vra die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne en ander rolspelers om dringend in te gryp om beserings en sterftes in die werksplek te voorkom. Die land het tot dusver vanjaar 33 sterftes by myne, 23 in die boubedryf en twee in die energiebedryf aangemeld. NUM-woordvoerder […]
# Nasionale Tesourie sê hoewel die globale ekonomiese omgewing onseker bly, verbeter Suid-Afrika se mededingendheid danksy die volgehoue implementering van strukturele hervormings. Dit verminder ook beperkings op groei en lê die grondslag vir meer private beleggings. Die regering het verlede week Operasie Vulindlela se eerste kwartaalverslag vir 2026 vrygestel. Dit toon volgehoue vordering met hervormings […]