Nuus 13:00
BULLETIN 25 August 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Theunissen sluit aan by die DA in Tshwane ná sy verwydering deur die VF Plus
# China beloof om sy belange te beskerm te midde van Amerikaanse sanksies teen Iran
# En sokker: Minister McKenzie wag op SAFA se verslag oor die vertraging met Mosimane se aanstelling as Bafana se afrigter
# Die Vryheidsfront Plus se voormalige koukusleier in Tshwane, Grandi Theunissen, het by die DA aangesluit. Hy het dit vanoggend op ‘n nuuskonferensie bekend gemaak en die DA beskryf dit as ‘n beduidende politieke skuif in Gauteng. Die VF Plus het Theunissen vroeër die maand verwyder as koukusleier nadat hy sedert 2021 in die rol gedien het. Die DA sê sy verskuiwing sal hul posisie in die metro versterk voor die plaaslike regeringsverkiesing in November.
# Die Vereniging van Staatsamptenare het ‘n Arbeidshof-interdik bekom teen die Registrateur van Arbeidsverhoudinge, wat in Junie in die Staatskoerant verklaar het hy is van plan om die vakbond se registrasie te kanselleer. Die VSA is 60-dae gegee om vertoë te rig. Die arbeidsregistrateur, Lehlohonolo Molefe, sê die derde grootste staatsdiensvakbond het nie geouditeerde finansiële state en lidmaatskaprekords ingedien nie. Claude Naicker van die vakbond sê hul is wel ‘n regte vakbond:
Nuus uit die buiteland:
# Die Chinese Ministerie van Buitelandse Sake sê sanksies en ander vorms van druk los nie internasionale geskille op nie. Amerika het nuwe ekonomiese sanksies teen Iran ingestel, geteiken op digitale bates, tegnologie, goud, die lugvaartbedryf en skeepsvaart. Washington waarsku enige land wat finansieel saamwerk met Teheran kan uitgesluit word. Iran se grootste handelsvennote sluit in China, Turkye en die Verenigde Arabiese Emirate. China sê hy sal die nodige stappe doen om sy regte en belange te beskerm.
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die plaaslike beheerliggaam SAFA gekritiseer oor die vertraging met Pitso Mosimane se aanstelling as nuwe hoofafrigter van Bafana Bafana. SAFA se nasionale uitvoerende komitee het die aanstelling vroeër die maand goedgekeur, maar geen amptelike aankondiging is nog gedoen nie weens mislukking in kontrak-onderhandelings. Bafana se kwalifiseringsveldtog vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi begin volgende maand. McKenzie wag op SAFA se verslag:
# En finansiële nuus: Die rand het vanoggend die eerste keer in byna ses maande tot die belangrike vlak van onder 16-rand teenoor die Amerikaanse dollar versterk. Ontleders skryf dit toe aan ‘n swakker Amerikaanse dollar, stygende goud- en platinumpryse, asook sterk buitelandse belangstelling in Suid-Afrikaanse staatseffekte. Volgens Investec is sowat 63,7-miljard-rand vanjaar gebruik vir die plaaslike skuldmark, wat beleggersvertroue verder versterk het. Die bank voorspel die rand sal gedurende die laaste kwartaal van die jaar teen ‘n gemiddeld van 15-rand-90-sent teenoor die dollar verhandel.
Die rand verhandel tans teen 15-rand-99-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 21-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-805-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-631-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 90-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….