# Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, erken hulle is nie ten volle gereed vir die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie, maar gretig om hulle vanaand in Johannesburg teen Nieu-Seeland te toets. Die All Blacks is onoorwonne op hulle Suid-Afrikaanse toer nadat hulle reeds met die Stormers, die Haaie en die Bulle afgereken en […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die plaaslike beheerliggaam SAFA gekritiseer oor die vertraging met Pitso Mosimane se aanstelling as nuwe hoofafrigter van Bafana Bafana. SAFA se nasionale uitvoerende komitee het die aanstelling vroeër die maand goedgekeur, maar geen amptelike aankondiging is nog gedoen nie weens mislukking in kontrak-onderhandelings. […]
# Die Stad Kaapstad waarsku dat deelnemers aan onwettige straatwedrenne met die volle mag van die wet te doen sal kry. Verkeersdienste het die naweek in Mitchells Plain daarteen opgetree. Drie mense is aangekeer en hul voertuie geskut. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ʼn geskutte voertuig wat slegs verbind word met […]
# Forum for South Africa vra president Cyril Ramaphosa om die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, te verwyder omdat hy nie daarin slaag om die toenemende misdaad- en geweldsvlakke te verlaag nie. Hy het onlangs verklaar dat misdaad-meesterbreine vanuit magsposisies werk en hulself kan beskerm. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, vra waarom die beplanners […]
# Die Vryheidsfront Plus doen ʼn dringende beroep op polisie en George se munisipale wetstoepassers om sigbaarheid en patrollies by die Tuinroete-dam te verskerp. Die dam is ʼn gewilde ontspanningsarea waar inwoners en besoekers graag stap, draf en fietsry. In die jongste voorval is ʼn 22-jarige vrou aangeval terwyl sy na haar voertuig gestap het. […]
# Die Stad Tshwane sê hy onderskryf The Bigg Pull 2026, ʼn liefdadigheids- en gemeenskapsprojek wat deur Gentle Giant Promotions gereël word, ten volle. The Bigg Pull daag 20 krag-atlete, bekend as die Krag-span uit om binne 41 dae ʼn vragmotor een-duisend-650 kilometer ver van Pretoria na Kaapstad te sleep. Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya se woordvoerder, […]
# Die MK-party Vroueliga veroordeel die voortgesette vervolging, openbare vernedering en skynbare teikening van die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Sy het gister in die Pretoriase Streekhof verskyn in verband met ‘n strafsaak wat voortspruit uit bewerings oor haar hantering van die omstrede Absa/Bankorp-saak tydens haar ampstermyn as Openbare Beskermer. Die MK-vroueliga sê alhoewel die […]