# Rusland en Oekraïne het die naweek aanvalle op mekaar verskerp en minstens 14 mense is dood. Amptenare sê minstens nege mense is in Oekraïnse aanvalle op Moskou dood, terwyl Russiese aanvalle minstens vyf lewens in Kiëf geëis het. Rusland het sy gebruik van langafstand-missiele wat moeilik is om te onderskep, uitgebrei. Oekraïne se president, […]
# Die Verkiesingskommissie sê Suid-Afrikaners het positief gereageer tydens die laaste kieserregistrasie-naweek voor die munisipale verkiesing in November. Volgens ʼn voorlopige verslag het die meeste in KwaZulu-Natal geregistreer, gevolg deur die Oos-Kaap en Gauteng. Tydens die eerste registrasienaweek op 20 en 21 Junie is meer as drie-miljoen registrasies aangeteken. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy […]
# Statebondspele: Span Suid-Afrika het 28 medaljes by die 23ste Statebondspele in Glasgow gewen: sewe goue, elf silwer- en tien bronsmedaljes. Die swemmers het 22 van die land se medaljes gebuit met Pieter Coetzé wat skoonskip gemaak het in die rugslag-items en ses rekords opgestel het. Chad le Clos het die mees bekroonde atleet in […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 03 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig oor die nuwe brandstofpryse wat die week aangekondig gaan word. Die koerant skryf die dieselprys sal na verwagting styg met ‘n klein daling in die petrolprys. Die vervaardigingsektor sal moontlik verder inkrimp as gevolg van die hoër dieselkoste. # […]
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê hy gaan die Nywerheidskoördineringsraad se opdrag uitbrei om groter klem te plaas op die uitrol en praktiese instelling van die plan teen bek-en-klouseer. Hy sê daar sal spesifieke verwysing wees na boere wat nou toegelaat word om hul eie diere in te ent. Die raad is saamgestel […]
# Twee helikopters wat brande noordwes van Athene in Griekeland bestry het, het in die lug gebots. Twee bemanningslede, ʼn Deense vlieënier en Griekse brandweer-skakelbeampte, is in die voorval dood. ʼn Britse vlieënier en Griekse bemanningslid het die botsing oorleef. Personeel van verskeie Europese nasies staan Griekeland, Frankryk, Spanje en Portugal by terwyl veldbrande sedert […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle voorbereiding vir Saterdag se eenmalige toets teen Argentinië en die Rugby’s Greatest Rivalry-toetse teen Nieu-Seeland is op koers. ʼn Groep van 26 het gisteroggend in Buenos Aires aangekom en hervat vandag hul voorbereiding op die veld. Spelers soos kaptein Siya Kolisi, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Eben Etzebeth en Lood de […]
# AfriForum sê die instelling van die Onteieningswet in sy huidige vorm sal verreikende gevolge hê, daarom moet dit ongrondwetlik verklaar word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor na verwagting vandag ʼn aansoek aan om dele van die wet uit te daag. AfriForum, die DA en die Instituut vir Rasseverhoudinge eis dat sekere dele van die wetgewing […]