# Iran se minister van Ekonomie, Ali Madanizadeh, sê Teheran is ten volle voorbereid om Amerikaanse sanksies te hanteer. Washington het nuwe sanksies teen Iran ingestel wat op vyf ekonomiese sektore fokus: digitale bates, tegnologie, goud, lugvaart en verskeping. Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, dreig ook om streng sanksies in te stel teen […]
# President Cyril Ramaphosa gaan vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord, onder meer oor die regering se pogings om te keer dat migrasie-verwante kwessies en optrede Suid-Afrika se beeld en stand beskadig. Hy sal die jongste inligting verskaf oor ingryping volgens die Nasionale Waterkrisis-aksieplan, pogings teen onwettige mynbedrywighede, en hoe om munisipaliteite se vermoë […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya Kolisi sal speel as […]
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese werksmag en 47,7-persent van […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy sal korrupsie, bedrog en misdaad ondersoek wat noodsaaklike openbare infrastruktuur en dienslewering ondermyn. Dit volg na die inhegtenisneming van sewe werknemers van die Emfuleni-munisipaliteit wat beskuldig word dat hulle geld geëis het om mense weer aan dienste te koppel. Hulle het volgens berigte 150-duisend-rand gemaak uit bedrog, diefstal, geldwassery […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê Suid-Afrika versnel die lewering van infrastruktuur met 81 strategies geïntegreerde projekte wat uit 263 individuele projekte bestaan. Die projekte se gesamentlike waarde is sowat 1,9-duisend-miljard-rand. Die minister sê die afgelope 18 maande is 37 projekte van ongeveer 69-miljard-rand voltooi, terwyl nog 82 projekte, met […]
# Krieket: Suid-Afrika is sonder die veelsydige Jason Smith vir die T20-driehoekreeks teen Zimbabwe en Namibië in Windhoek, nadat die 31-jarige ‘n bytrekspier beseer het. Bjorn Fortuin sal die span aanvoer vir die driehoekreeks, wat van 28 Augustus tot 6 September plaasvind. Smith sal verdere toetse ondergaan om sy beskikbaarheid te bepaal vir die eendagreeks […]