# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle voorbereiding vir Saterdag se eenmalige toets teen Argentinië en die Rugby’s Greatest Rivalry-toetse teen Nieu-Seeland is op koers. ʼn Groep van 26 het gisteroggend in Buenos Aires aangekom en hervat vandag hul voorbereiding op die veld. Spelers soos kaptein Siya Kolisi, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Eben Etzebeth en Lood de […]
# AfriForum sê die instelling van die Onteieningswet in sy huidige vorm sal verreikende gevolge hê, daarom moet dit ongrondwetlik verklaar word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor na verwagting vandag ʼn aansoek aan om dele van die wet uit te daag. AfriForum, die DA en die Instituut vir Rasseverhoudinge eis dat sekere dele van die wetgewing […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ingestem om aanvalle teen Iran vir eers uit te stel, mits ‘n ooreenkoms vinnig bereik word om die konflik te beëindig. Dit volg op berigte dat Amerika en Israel nuwe aanvalle op Teheran beplan. In ‘n plasing op Truth Social sê hy Iran en ander lande […]
# Rugby: Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington. Dis hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die losskakel Nevaldo Fleurs het ‘n man-van-die-wedstryd-vertoning gelewer en 15 punte bygedra, insluitend ‘n drie om die besoekers se oorwinning te verseker. Die Pumas het tot […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering het vinnig opgetree om die bestuursuitdagings by die Openbare Beleggingskorporasie te hanteer, maar daar is geen krisis nie. Die OBK het ‘n nuwe raad onder leiding van die adjunkminister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Seiso Mohai. Die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, is tans geskors. Ramaphosa […]
# Die Activists and Citizens Forum oorweeg dit om strafregtelike klagte van intimidasie teen Paul O’Sullivan in te dien. Dit volg na getuienis voor die Madlanga-kommissie deur die senior ondersoeker van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Mantsha Raphesu, waarin beweer word dat O’Sullivan in Januarie 2025 ‘n e-pos gestuur het aan Dineo Mokwele, die adjunk- nasionale […]
# Die polisie sê die ondersoek na ‘n besending kokaïen ter waarde van ongeveer 28-miljoen-rand gaan voort om diegene betrokke by die poging te identifiseer en aan te keer. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die besending van 95-kilogram kokaïen wat Vrydag op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, aangekom het op ‘n vlug […]
Die Voedsel-vakbond, FAWU, veroordeel wat hy bestempel as voortdurende intimidasie en druk op sy lede tydens die beskermde staking by Heineken Beverages, Suid-Afrika in Sandton, Johannesburg. FAWU-woordvoerder, Richard Aphane, sê Heineken het werkers ‘n vyf-persent-loonverhoging aangebied, terwyl die vakbondlede ‘n sewe-persent-verhoging oor die algemeen eis. Hy sê werkers toon steeds dissipline, eenheid en toewyding vir […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hy het verlede maand lae reënval in die Wes-Kaap aangeteken. Weervoorspeller, Samkelisiwe Thwala, sê ondernormale reënval is in Junie aangeteken en het tot Julie voortgeduur, met verskeie dele van die streek wat hul laagste reënval ooit gedurende Julie aangeteken het. Sy sê voorlopige reënvaldata dui daarop dat die Kaapstad Internasionale […]