# City Power sê hy maak goeie vordering om elektrisiteit te herstel na gebiede wat deur die brand by die Fordsburg-substasie geraak word. ʼn Ondergrondse brand in tonnels met hoë-spanning-kragkabels het veroorsaak dat die substasie Sondagaand gesluit is. Die verlies aan krag het ook watervoorsiening beïnvloed. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê elektrisiteit na […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika kan nie sy handelsmarkte, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar herstel as plaaslike regering nie eers herstel word nie. Die party sê wanbestuur, wateronderbrekings, vervalle paaie en swak vullis-bestuur is van die kwessies wat munisipaliteite raak. Woordvoerder Jaco Mulder sê hulle moet terugkeer na die basiese beginsels van bevoegde bestuur, […]
# Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die bewering dat sy land verantwoordelik is vir die huidige konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, en sê dis faksies in die DRK. Sy opmerkings volg ná herhaalde pogings, insluitend die Amerikaanse vredesooreenkoms, om die konflik te beëindig. Kagame sê sy land sal by […]
# Die Appèlhof in Bloemfontein hoor vandag die regering se appèl aan teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing oor die maatskaplike noodverligtingstoelaag van 370-rand. Die Hooggeregshof het bevind talle van hierdie toelaag se regulasies is ongrondwetlik en ongeldig, insluitend dat aansoeke slegs aanlyn ingedien word. Burgerregtegroepe sê hierdie vereiste sluit sowat 14-persent kwalifiserende begunstigdes […]
# Die EFF het ‘n formele klag teen Mark Burke van die DA by die Parlement se Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange ingedien. Dit volg na bewerings dat Kastelo, die maatskappy wat hy gestig het, deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek is vir oënskynlike valutabeheer-oortredings in transaksies ter waarde van vier-miljard-rand. Die DA het Burke […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys sê hy gee aandag aan infrastruktuurkwessies by die Reiger Park Secondary School in Boksburg. Daar is kommer oor die toestand en funksionaliteit van ablusiegeriewe by die skool, asook toegang tot drinkwater vir leerders. Die departement se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê ‘n span inspekteurs sal die ablusiegeriewe en waterinfrastruktuur by […]