# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende magte kry om sonder […]
# Die Departement van Water en Sanitasie sê hy sal voortgaan met openbare raadpleging oor die voorgestelde tariefaanpassings vir die 2027/2028-boekjaar, voor dit gefinaliseer word. Hy sê dit bied ‘n belangrike platform vir belanghebbendes om ‘n beter begrip te kry van die rouwaterprysproses, die faktore wat tariefaanpassings beïnvloed, en die rol wat tariewe speel. Die […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, en adjunkminister, Sihle Zikalala, sal ‘n ingrypingsveldtog lei na tien openbare liggame regoor die land. Dit volg nadat hulle die grootste jaar-tot-jaar afname in werksgeleenthede onder die Uitgebreide Openbarewerkeprogram gedurende die 2025/2026-boekjaar aangeteken het. Die minister sê die openbare liggame, wat wissel van nasionale en […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Alexandra Abrahams, sê die ministerie sal voortgaan om die Nasionale Kernreguleerder, die Nasionale Instituut vir die Verwydering van Radioaktiewe Afval, Eskom en ander belanghebbendes te betrek om institusionele koördinering regoor die kernsektor te versterk. Sy sê die Koeberg-kernkragstasie se toekomstige bydrae sal afhang van gedissiplineerde instandhouding, die behoud […]
# Die regering en privaat sektor het die EmpowerHer-handelskou bekend gestel om vroue se ekonomiese bemagtiging te bevorder deur geleenthede te skep vir ondernemings wat deur vroue besit word. Die minister van Vroue, Jeug en Persone met gestremdhede in die Presidensie, Sindisiwe Chikunga, sê dis om hul produkte en dienste ten toon te stel, toegang […]
# Forum for South Africa verwelkom leefstyloudits by die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie soos aangekondig deur die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi. Leier Tebogo Mashilompane sê openbare vertroue in wetstoepassings- en aanklaer-agentskappe is ernstig geskaad deur bewerings van korrupsie, politieke inmenging en die stadige vervolging van hoëprofiel-korrupsiesake. Hy sê leefstyloudits […]
# Die Kaapstad Openbare Noodkommunikasiesentrum het die afgelope jaar 182-duisend-131 voorvalle in verskeie kritieke kategorieë aangeteken. Mediese voorvalle, aanranding, poetsoproepe, gesinsgeweld, kindermishandeling, motorvoertuig- en voetgangerongelukke is aangemeld. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die statistieke is kommerwekkend, aangesien sommige van die kategorieë ‘n kykie bied na van die mees uitdagende maatskaplike uitdagings, […]
# Die Departement van Gesondheid het die vordering wat gemaak is met ‘n nuwe tuberkulose-entstof verwelkom en bevestig voorbereidende werk word gedoen om tydige toegang vir Suid-Afrikaners te verseker. Dit vorm deel van voortgesette pogings om die epidemie teen die jaar 2030 uit te skakel as openbare gesondheidsbedreiging. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê […]