# President Cyril Ramaphosa sê terwyl die staat beleid moet stel, reguleer en openbare dienste lewer, is die kundigheid en hulpbronne van die private sektor van kritieke belang om ‘n veerkragtige ekonomie te bou. Die derde fase van die vennootskap tussen die regering en sakeondernemings is verlede week bekendgestel om vinniger inklusiewe ekonomiese groei te […]
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy land se steun vir Oekraïne het nie verander nie, ten spyte van Russiese vergeldingsdreigemente. Hy het gister sy eerste amptelike besoek as eerste minister aan Kiëf gebring, ten tyde van die land se 35ste onafhanklikheidsviering. Burnham sê Brittanje sal op drie sleutelgebiede steun aan Oekraïne bied. […]
# Die eerste getuie in die voortgesette geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Gqeberha getuig. Die verhoor is gister vertraag deur ‘n geskil oor die befondsing vir die regsverteenwoordiging van Biko se weduwee, Nontsikelelo. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het nou […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra gereelde gesondheidstoetse om voort te gaan indien rybewyse van vyf tot tien jaar verleng word. Die vereniging ondersteun die stap om burokrasie te verminder, maar voer aan motoriste moet steeds elke vyf jaar oogtoetse ondergaan om te verseker hulle bly geskik om te bestuur. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond waarsku dat […]
# President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die vyfde simposium oor volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad toespreek. Die driedaagse geleentheid fokus op die vorming toekomstige munisipale infrastruktuur en belegging in volhoubare projekte. Dit bring regeringsleiers, burgemeesters, ontwikkelingsbanke, besighede en kundiges van regoor Afrika bymekaar. Besprekings sal fokus op infrastruktuur, behuising, landbou en digitale ontwikkeling om […]
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die opening van ‘n nuwe kantoor vir Binnelandse Sake, by die Burgersentrum in die middestad. Inwoners kan nou, slegs per afspraak, aansoek doen vir noodsaaklike dokumente soos ID’s en paspoorte by die fasiliteit, wat daarop gemik is om regeringsdienste meer toeganklik te maak en druk op besige […]
# Die beweerde ‘Groot Vyf’-kartelbaas en sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het geweier om die aard van sy verhouding met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya te bespreek. Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig en bevestig hy ken Sibiya en het voorheen sy kantoor besoek nadat hy ‘n vergadering oor ‘n huurkontrak van die Departement […]
# Die GOOD-party sê Kaapstad se behuisingskrisis is die gevolg van swak politieke keuses eerder as migrasie na die provinsie. Die party beskuldig die DA-geleide stad daarvan dat hulle nie genoeg bekostigbare behuising verskaf nie en ruimtelike ongelykheid laat voortduur. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die stad se behuisingsagterstand vir 680-duisend mense en […]
# FNB is deur die Nasionale Finansiële Ombudskema benoem as die top bank vir geskilbeslegting en billikheid. Die bank het die uitnemendheidstoekenning ontvang vir sy klagtehantering, omkeertye en billike kliënte-uitkomste. FNB was ook verlede jaar die bank waaroor die minste gekla is onder Suid-Afrika se vyf groot banke. Uitvoerende hoof Lytania Johnson sê die erkenning […]