# ‘n Tuisgemaakte bom wat deur ‘n vrou gedra is, het Saterdagaand die lewens van drie mense geëis en minstens 21 beseer in ‘n ontploffing naby ‘n luukse Italiaanse restaurant in sentrale Moskou. Rusland se Teen-terrorisme Komitee sê ‘n onbekende vrou het probeer om die restaurant binne te gaan, maar is deur ‘n sekuriteitswag verhinder. […]
# Rugby: Die Leeus het Saterdagaand ‘n oortuigende vertoning gelewer en die Bulle 15-tal heeltemal oorheers vir ‘n 42-19-oorwinning in hul Curriebeker-wedstryd op die stadion van die Universiteit van Johannesburg. Die Bulle moes sonder 45 gekontrakteerde spelers klaarkom en het die afgelope week drie spelers weens beserings verloor. Die Leeus was teen rustyd 28-0 voor […]
# Die Verkiesingskommissie het weereens ‘n beroep op stemgeregtigde kiesers gedoen om die res van vandag te gebruik om te registreer en te verseker hul besonderhede is korrek. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, sê kiesers sal nie nog ‘n geleentheid vir kieserregistrasie by stemlokale kry voor die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing nie:
# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê die party sal burgemeesters en raadslede herroep, wat nie daarin slaag om dienste te lewer en mense goed te dien nie. Dit volg te midde van die land se voorbereiding vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing in November. Ramaphosa het gepraat tydens ANC-kieserregistrasie en gemeenskapsmobilisering in die Madibeng […]