# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, eis die terugbetaling van die 13-miljoen-rand wat aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging toegeken is vir die implementering van die video-assistent-skeidsregter. McKenzie sê Safa het nie daarin geslaag om hierdie seisoen VAR in te stel nie, al het hy die fondse ontvang wat bedoel was om die gehalte van skeidsregterswerk te verbeter en meer akkurate beslissings te verseker. Hy sê Safa het nou 21 dae grasie gevra om die geld terug te betaal:
Sokker: McKenzie eis terugbetaling van R13-miljoen na mislukte implementering van VAR deur SAFA [KLANK]
ENG MackenzieOnMoney