# Meer as 600 vroue in wetstoepassing het ‘n provinsiewye operasie in Gauteng gelei gemik op misdaad en onveilige bestuur. Die operasie het daartoe gelei dat 14 ongedokumenteerde buitelandse burgers en tien roekelose en nalatige bestuursverdagtes in hegtenis geneem is. Die woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, Sello Maremane sê meer as tien-duisend mense is […]
# Die DA in Ekurhuleni sê 16,7-miljoen-rand is aan die onvoltooide Klopperpark-brandweerstasie in Germiston bestee, sewe jaar nadat die bouwerk begin het. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê konstruksie het op 20 Maart 2019 begin, maar die kontrak is ‘n jaar later beëindig weens swak vakmanskap. Sy sê Ekurhuleni het 13-miljoen-rand aan drie diensverskaffers en […]
# Infrastructure South Africa sê die land het te kampe met ‘n finansieringsgaping van 1,6-duisend-miljard-rand vir groot infrastruktuurprojekte. Die hoof van Infrastructure South Africa, Mameetse Masemola, het by die Volhoubare Infrastruktuurontwikkelingsimposium Suid-Afrika, wat tans in Kaapstad aan die gang is, gesê munisipaliteite het finansiering nodig om verouderende water-, elektrisiteit-, pad- en afvalinfrastruktuur aan te spreek. […]
# ‘n Brand wat vinnig versprei bedreig die Amerikaanse stad Reno in Nevada, met byna 90-duisend-mense wat beveel is om te ontruim of gereed te maak om te vlug. Die brand wat as Die Hawk bekend staan het meer as vier-duisend-hektaar verbrand en bly heeltermaal buite beheer. Ongeveer-42-duisend inwoners is onder verpligte ontruimingsbevele, terwyl nog […]
# Vier mense is in Kenia in hegtenis geneem terwyl ondersoekbeamptes probeer vasstel wat die dood van 18 olifante in die Amboseli-ekosisteem veroorsaak het. Die Keniaanse Natuurlewediens sê die diere is tussen Junie en verlede maand dood, met voorlopige laboratoriumtoetse wat op moontlike vergiftiging dui. Volgens vroeëre bevindinge was daar sianied teenwoordig in tamaties wat […]
# Die studente-skarefinansieringsorganisasie Feenix verwelkom die Parlement se steun vir ‘n aanbeveling deur die Openbare Beskermer dat universiteite die terughouding van graadsertifikate weens studenteskuld moet heroorweeg. Dit volg na ‘n verslag dat meer as 188-duisend teruggehoude sertifikate verbind kan word met 55-miljard-rand se skuld, en administratiewe mislukkings by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, is diep bekommerd oor ‘n beweerde poging tot seksuele aanranding by die Villa Liza Secondary School in Boksburg. Twee skoolseuns het na bewering ‘n Graad agt-meisie in die meisies se toilette vasgekeer, haar vasgehou en probeer ontklee. Die woordvoerder Onwabile Lubhelwana sê die departement sal met die […]