# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, moedig stemgeregtigde Suid-Afrikaners aan om vandag as liesers te registreer vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Hy het tydens die ANC se kieserregistrasieveldtog in Madibeng, buite Brits in Noordwes, gesê alle Suid-Afrikaners moet betrokke raak by landsake. Hy sê baie jongmense ervaar probleme met dienslewering en gebrekkige werksgeleenthede:
# Die IVP doen ‘n beroep op elke stemgeregtigde Suid-Afrikaner wat nog nie as kieser geregistreer is nie, om gebruik te maak van die laaste dag van Kiesersregistrasienaweek Hy waarsku dis die laaste geleentheid om te registreer voordat die kieserslys sluit. Die IVP-woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê sodra die verkiesingsdatum amptelik aangekondig en in die Staatskoerant […]
# Statebondspele: Span Suid-Afrika het sy baan- en veldvertoning in Glasgow met ‘n totaal van vier medaljes afgesluit. Kyle Rademeyer het silwer in die mans se paalspringeindronde verower met ‘n seisoen-beste van 5,70-meter, terwyl Kurtis Marschall van Australië die goud gewen het met ‘n Spele-rekord van 5,85-meter. In die mans se 4 maal 100 meter-afloseindronde […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die sukses van die inisiatief vir verlengde rybewyse sal afhang van vinnige implementering en voortgesette versterking van rybewysstelsels om doeltreffendheid, integriteit en die uitwissing van korrupsie te verseker. Die woordvoerder, Claude Naicker, sê die verlenging van die hernuwingstydperk tot tien jaar, sal die koste oor ‘n bestuurder se leeftyd […]
# Die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, sê die aanlyn kieserregistrasieportaal bly aktief, wat kiesers toelaat om te registreer en hul besonderhede op te dateer om te verhoed dat hulle die plaaslikeregeringsverkiesing misloop. Mamabolo sê die portaal sal oop bly totdat die verkiesing afgekondig word. Hy doen ‘n beroep op burgers om nou […]
# Rugby: Paarl Gimnasium het hul vernederende nederlaag van verlede jaar gewreek deur die Interskole-titel op te raap voor hul grootste teenstanders, die Hoër Jongenskool Paarl. Gimmies het Saterdag vier drieë teen Boishaai se enkele drie op die Faurestraat-stadion in die Paarl gedruk. Die buitesenter en Man van die Wedstryd, Derik Cloete, het twee keer […]
# Die DA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te registreer om te stem, aangesien dit vandag die laaste dag van die kieserregistrasie-naweek is. Slegs korrek geregistreerde kiesers sal op verkiesingsdag, 4 November, kan stem. Die party sê enige Suid-Afrikaner wat stemgeregtig is, moet nie hierdie laaste kans misloop om te registreer nie, sodat […]