Rugby: Die 39-jarige veelsydige voorspeler Deon Fourie kan Saterdag die oudste Springbok ooit word nadat hy op die bank ingesluit is vir die toets teen die All Blacks in Kaapstad. Hy het sy internasionale buiging in 2022 gemaak en sy 13de en laaste toets in die volgende jaar se Wêreldbekertoernooi gespeel. Kaptein Pieter-Steph du Toit […]
# Rugby: Min mense verwag die Leeus sal die All Blacks se onoorwonne status op hul Suid-Afrikaanse toer in Johannesburg vanaand beëindig. Nieu-Seeland lyk onheilspellend na oorwinnings oor die Stormers, die Bulle, die Haaie en die Springbokke in hul eerste vier toerwedstryde. Die Leeus-afrigter Ivan van Rooyen het sy sterkste moontlike span aangewys, versterk deur […]
# Meer as 600 vroue in wetstoepassing het ‘n provinsiewye operasie in Gauteng gelei gemik op misdaad en onveilige bestuur. Die operasie het daartoe gelei dat 14 ongedokumenteerde buitelandse burgers en tien roekelose en nalatige bestuursverdagtes in hegtenis geneem is. Die woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, Sello Maremane sê meer as tien-duisend mense is […]
# Die DA in Ekurhuleni sê 16,7-miljoen-rand is aan die onvoltooide Klopperpark-brandweerstasie in Germiston bestee, sewe jaar nadat die bouwerk begin het. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê konstruksie het op 20 Maart 2019 begin, maar die kontrak is ‘n jaar later beëindig weens swak vakmanskap. Sy sê Ekurhuleni het 13-miljoen-rand aan drie diensverskaffers en […]
# Infrastructure South Africa sê die land het te kampe met ‘n finansieringsgaping van 1,6-duisend-miljard-rand vir groot infrastruktuurprojekte. Die hoof van Infrastructure South Africa, Mameetse Masemola, het by die Volhoubare Infrastruktuurontwikkelingsimposium Suid-Afrika, wat tans in Kaapstad aan die gang is, gesê munisipaliteite het finansiering nodig om verouderende water-, elektrisiteit-, pad- en afvalinfrastruktuur aan te spreek. […]
# ‘n Brand wat vinnig versprei bedreig die Amerikaanse stad Reno in Nevada, met byna 90-duisend-mense wat beveel is om te ontruim of gereed te maak om te vlug. Die brand wat as Die Hawk bekend staan het meer as vier-duisend-hektaar verbrand en bly heeltermaal buite beheer. Ongeveer-42-duisend inwoners is onder verpligte ontruimingsbevele, terwyl nog […]
# Vier mense is in Kenia in hegtenis geneem terwyl ondersoekbeamptes probeer vasstel wat die dood van 18 olifante in die Amboseli-ekosisteem veroorsaak het. Die Keniaanse Natuurlewediens sê die diere is tussen Junie en verlede maand dood, met voorlopige laboratoriumtoetse wat op moontlike vergiftiging dui. Volgens vroeëre bevindinge was daar sianied teenwoordig in tamaties wat […]
# Die studente-skarefinansieringsorganisasie Feenix verwelkom die Parlement se steun vir ‘n aanbeveling deur die Openbare Beskermer dat universiteite die terughouding van graadsertifikate weens studenteskuld moet heroorweeg. Dit volg na ‘n verslag dat meer as 188-duisend teruggehoude sertifikate verbind kan word met 55-miljard-rand se skuld, en administratiewe mislukkings by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die […]