Skip to content

Rugby: Twee Springbokke vrygestel om Leeus teen All Blacks te versterk

# Rugby: Min mense verwag die Leeus sal die All Blacks se onoorwonne status op hul Suid-Afrikaanse toer in Johannesburg vanaand beëindig. Nieu-Seeland lyk onheilspellend na oorwinnings oor die Stormers, die Bulle, die Haaie en die Springbokke in hul eerste vier toerwedstryde. Die Leeus-afrigter Ivan van Rooyen het sy sterkste moontlike span aangewys, versterk deur die insluiting van Quan Horn en Boan Venter, wat van die nasionale groep vrygestel is vir die ontmoeting. Die wedstryd op Ellispark skop vanaand om sewe-uur af.