# Die Departement van Water en Sanitasie sê hy sal voortgaan met openbare raadpleging oor die voorgestelde tariefaanpassings vir die 2027/2028-boekjaar, voor dit gefinaliseer word. Hy sê dit bied ‘n belangrike platform vir belanghebbendes om ‘n beter begrip te kry van die rouwaterprysproses, die faktore wat tariefaanpassings beïnvloed, en die rol wat tariewe speel. Die […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, en adjunkminister, Sihle Zikalala, sal ‘n ingrypingsveldtog lei na tien openbare liggame regoor die land. Dit volg nadat hulle die grootste jaar-tot-jaar afname in werksgeleenthede onder die Uitgebreide Openbarewerkeprogram gedurende die 2025/2026-boekjaar aangeteken het. Die minister sê die openbare liggame, wat wissel van nasionale en […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Alexandra Abrahams, sê die ministerie sal voortgaan om die Nasionale Kernreguleerder, die Nasionale Instituut vir die Verwydering van Radioaktiewe Afval, Eskom en ander belanghebbendes te betrek om institusionele koördinering regoor die kernsektor te versterk. Sy sê die Koeberg-kernkragstasie se toekomstige bydrae sal afhang van gedissiplineerde instandhouding, die behoud […]
# Die regering en privaat sektor het die EmpowerHer-handelskou bekend gestel om vroue se ekonomiese bemagtiging te bevorder deur geleenthede te skep vir ondernemings wat deur vroue besit word. Die minister van Vroue, Jeug en Persone met gestremdhede in die Presidensie, Sindisiwe Chikunga, sê dis om hul produkte en dienste ten toon te stel, toegang […]
# Forum for South Africa verwelkom leefstyloudits by die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie soos aangekondig deur die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi. Leier Tebogo Mashilompane sê openbare vertroue in wetstoepassings- en aanklaer-agentskappe is ernstig geskaad deur bewerings van korrupsie, politieke inmenging en die stadige vervolging van hoëprofiel-korrupsiesake. Hy sê leefstyloudits […]
# Die bekende Brits-Nepalese bergklimmer, Nirmal Purja, is onder die tien mense wat in ‘n sneeustorting op Broad Peak in Pakistan dood is. Sy maatskappy het met diepe leedwese en geweldige hartseer bevestig dat die 43-jarige Purja in Donderdag se sneeustorting dood is. Purja, wat in Nepal gebore is en later in die Britse leër […]
# Rugby: ‘n Noordvaalbeker-kragmeting tussen Hoërskool Menlopark en Hoërskool Dr. E.G. Jansen is gestaak na ‘n grootskaalse bakleiery tussen skoolseuns en ouers wat op die veld uitgebreek het. Menlopark was met 36-5 voor toe die wedstryd gestaak moes word na die lelike tonele. Video’s van die voorval het vinnig aanlyn versprei en die volle omvang […]
# Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede in die Presidensie, Sindisiwe Chikunga, het Suid-Afrikaanse vroue gevra om op te staan, eienaarskap van ekonomiese geleenthede te neem en tot nasionale ontwikkeling by te dra. Sy sê baie vroulike entrepreneurs werk in informele of kleinskaalse markte en sukkel om oor te skakel na volhoubare, […]